المحتوى المقدم من RSG. يتم تحميل جميع محتويات البودكاست بما في ذلك الحلقات والرسومات وأوصاف البودكاست وتقديمها مباشرة بواسطة RSG أو شريك منصة البودكاست الخاص بهم. إذا كنت تعتقد أن شخصًا ما يستخدم عملك المحمي بحقوق الطبع والنشر دون إذنك، فيمكنك اتباع العملية الموضحة هنا https://ar.player.fm/legal.
Player FM - تطبيق بودكاست انتقل إلى وضع عدم الاتصال باستخدام تطبيق Player FM !
<div class="span index">1</div> <span><a class="" data-remote="true" data-type="html" href="/series/action-academy-replace-the-job-you-hate-with-a-life-you-love">Action Academy | Replace The Job You Hate With A Life You Love</a></span>
Ready to replace your 6-figure salary with real freedom? This is the podcast for high earners who feel stuck in jobs they’ve outgrown. If you’re asking, “How do I actually replace $10K–$20K/month so I can quit and never look back?” — welcome home. At Action Academy, we teach you how to buy small businesses and commercial real estate to create cash flow that actually replaces your job. Monday through Friday, you’ll learn from 7–9 figure entrepreneurs, real estate moguls, and acquisition pros who’ve done it — and show you how to do it too. Hosted by Brian Luebben (@brianluebben), who quit his 6-figure sales role in 2022 to build a global business while traveling the world. If you're a high-income earner ready to become a high-impact entrepreneur, this show is your playbook. Subscribe now and start your path to freedom — or keep pretending your job will get better someday....
المحتوى المقدم من RSG. يتم تحميل جميع محتويات البودكاست بما في ذلك الحلقات والرسومات وأوصاف البودكاست وتقديمها مباشرة بواسطة RSG أو شريك منصة البودكاست الخاص بهم. إذا كنت تعتقد أن شخصًا ما يستخدم عملك المحمي بحقوق الطبع والنشر دون إذنك، فيمكنك اتباع العملية الموضحة هنا https://ar.player.fm/legal.
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
المحتوى المقدم من RSG. يتم تحميل جميع محتويات البودكاست بما في ذلك الحلقات والرسومات وأوصاف البودكاست وتقديمها مباشرة بواسطة RSG أو شريك منصة البودكاست الخاص بهم. إذا كنت تعتقد أن شخصًا ما يستخدم عملك المحمي بحقوق الطبع والنشر دون إذنك، فيمكنك اتباع العملية الموضحة هنا https://ar.player.fm/legal.
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
'n Tou-trekkery oor wie erkenning moet kry vir die afskaffing van die BTW-verhoging...ons praat met politieke partye en 'n ekonoom en president Ramaphosa bevestig 'n telefoniese gesprek met president Donald Trump - ons praat met 'n politieke ontleder.
Uitspraak is voorbehou in die DA en EFF se aansoek, om die aanvaarding van die fiskale raamwerk as ongeldig en onwettig, te verklaar. Die Noord-Kaapse ANC behou sy leierskap. Egipte en Katar sit 'n nuwe ooreenkoms op die tafel, om die oorlog in die Gasa-strook te beëindig. Die F.W. De Klerk stigting stel alternatiewe voor vir raskwotas in die werkplek.…
Senior DA-leiers sal vandag se hofaksie teen die voorgenome styging in BTW bywoon. Huldeblyke vir die ontslape Pous stroom van oraloor in en die tema van Aardedag - dit is nou vandag - is "ons planeet, ons krag", en fokus op klimaataksie en hernubare energie.
Die regering veroordeel Floyd Shivambu se besoek aan die kerk van Shepherd Bushiri. Politieke partye gaan vandeesweek nog gesprekke voer oor die BTW-verhoging. NEASA en die Sakeliga wil hof toe gaan oor die Wysigingswet op Diensbillikheid.
Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, hou samesprekings in Moskou. Navorsing wys ouers is bekommerd wanneer hulle kinders skool toe gaan, en ons praat oor China se 'geheime wapen' in die handelsoorlog met Amerika.
Wat wag op Mcebisi Jonas, ons nuut-aangestelde gesant na die VSA - en presies wat gaan sy rol wees? Kenners sê daar moet meer gefokusde mentorskap-programme in skole ingestel word, om ons onderwysers voor te berei en, hoe moet die media berig oor spazawinkel-produkte, sonder om paniek te saai?
Die ANC beskryf 'n gesprek met die Vryheidsfront Plus oor die fiskale raamwerk en die Regering van Nasionale Eeenheid as 'hartlik'. Die Senzo Meyiwa moordsaak hervat vandag in die hooggeregshof in Pretoria en 'n opname van Debt Rescue SA vind dat 'n verhoging in BTW verbruikers kan knou.
'n Besoek aan Israel deur twee politieke partye veroorsaak onmin in die regering van nasionale eenheid. Verskeie parlementêre komitees is bekommerd oor die besnoeiing van die weermag se begroting. Slagoffers van misdaad in die Wes Kaap. word die waarborg gegee dat hulle verklarings by die polisie in Afrikaans kan aflê.…
Die Amerikaanse President, Donald Trump, skort handelstariewe vir 90 dae op, behalwe vir China. AfriForum versoek die nasionale polisiekommissaris om plaasaanvalle as 'n prioriteitsmisdaad te klassifiseer. Die hervorming van die kiesstelsel is in die kollig.
Die Regering van Nasionale Eenheid sal heroorweeg word, of soos die sekretaris-generaal van die ANC sê, "reset". Ons praat met die kleiner vennote in die RNE om uit te vind wat hulle daarmee verstaan. Die Vaaldam word voller, en staan nou op meer as 'n 112%. Die kommisaris van polisie, Fannie Masemola, glo hulle is op pad om misdaad hok te slaan. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het 'n heffing van 104% ingestel op goedere wat van China af ingevoer word. Die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, vra TikTok om Suid-Afrikaanse inhoudskeppers finansieel te vergoed.…
Die IVP bly verbind tot die regering van nasionale eenheid. Action Society glo die voorgestelde vuurwapenregulasies vir die private veiligheidsbedryf kan misdaadbestryding pootjie. Die staatshoofde van Amerika en Israel vergader oor die konflik in Gasa, en invoertariewe. Intussen tuimel die markte verder weens die invoerheffings.…
'n Vloedwaarskuwing vir inwoners langs die Vaalrivier. Beskuldigings van wydlopende wanbestuur en korrupsie met suurstofaanleg-tenders. Rwanda vaar goed, 31 jaar ná die volksmoord in daardie land. Aandelemarkte in Asië daal skerp. Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê die party is steeds tot die Regering van Nasionale Eenheid verbind.…
Ons praat met ‘n militêre ontleder oor hoe en wanneer SA soldate aan die DRK sal onttrek. Die EU kondig 'n beleggingspakket van R94 miljard vir Suid-Afrika aan. 'n Dringende hofaansoek om die Kleuterzone-groep te likwideer.
Die regering sal steun vir sy begroting moet werf. Die ontvoerde Joshlin Smith is glo per skip na Wes-Afrika geneem - só word daar in die hofsaak getuig. Tyd word min vir belanghebbendes om die Formule 1-wedren terug na Suid-Afrika te bring.
'n Ekonoom en politieke partye gee hulle verwagtinge van die begrotingsrede. Oekraïne ondersteun 'n voorgestelde skietstaking van 30 dae met Rusland. Kommer oor 'n ongekende toename in diensleweringsbetogings in Noordwes.
Weerstand teen enige soort belastingverhoging neem toe. Die omstrede onteieningswet word dalk op gekaapte geboue in die Johannesburgse stadkern gebruik. Afrikaans is 'n honderd jaar oud! Of is dit? 'n Vooraanstaande klimaatwetenskaplike sê klimaatsverandering is erger as wat die bestaande modelle voorspel.…
Die ANC wil sy takke in die Vrystaat versterk. Reaksie op die Amerikaanse president se jongste aanbod aan Suid-Afrikaanse boere. Huldeblyke stroom in ná die dood van dramaturg Athol Fugard.
President Ramaphosa sê samewerking tussen regeringsvlakke is die sleutel tot beter dienslewering. Die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan word vanuit 'n ander oord gekritiseer. Die regering beoog om die toelae-stelsel meer vaartbelyn te maak. Wetenskaplikes begin om aalwyne in die Magaliesberg aan te plant.…
Kelly Smith vertel die hof van die verdwyning van haar dogter, Joslin. ‘n Regskenner gee sy mening oor die Johannesburg-metro se plan om private kringtelevisiekamerastelsels te reguleer. Ons praat met professor Wim De Villiers, wat uittree as die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch.…
Amerika is terug, sê president Donald Trump in die Amerikaanse Kongres. 'n Ekonoom verduidelik wat die tariefoorlog tussen die VSA en sy handelsvennote vir Suid-Afrika en die res van die wêreld inhou. 'n Tweede polisiebeampte in die getuiebank in die Joslin Smith-verhoor.
Die drie beskuldigdes in die Joshlin Smith-hofsaak, pleit onskuldig. Die openbaarmaking van die register van seksoortreders is vir eers op ys. Action SA wil hê adjunkminister-poste moet geskrap word. Die regering van die Demokratiese Republiek die Kongo is nie bereid om vredesamesprekings met M23-rebelle te voer nie.…
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê Europa is by 'n kruispad in die geskiedenis. Ons bespreek die rol wat sekere seldsame minerale in oorloë speel. Hoe baie is daar om te vier vandag op Wêreld Natuurlewe dag?
Ons praat met 'n kenner oor die aanstelling van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se nuwe baas, John Lamola. Die woordestryd oor Solidariteit en AfriForum se omstrede besoek aan Washington, woed voort. 'n Rasie-lied van 'n Wes-Kaapse skool trek internasionaal aandag op sosiale media. Die Amerikaanse president, Donald Trump, ontken dat hy die Oekraiense president, Wolodimir Zelenski, 'n diktator genoem het.…
Inflasie bly binne die Reserwebank se teikenband. Die Wes-Kaapse regering wil meer werk skep. Die Passasierspooragentskap moet opdok nadat 'n vrou uit 'n trein gespring het. Die meeste Graad 3-leerlinge kan nié met begrip lees nie. Reaksie op Denemarke se besluit om die gebruik van selfone in skole te verbied.…
Die regering begin 'n veldtog om MIV/Vigs-behandeling aan 'n bykomende 1,1 miljoen mense te verskaf. 'n Tweede vliegtuig met soldate wat in die DRK beseer is, kom in Suid-Afrika aan. Die DA verkla adjunkpresident Paul Mashatile en minister Barbary Creecy oor inmenging met die aanstel van die SAL-hoof.…
Reaksie op die provinsiale rede van die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi. Eskom sê hy vorder fluks met die herstelwerk aan onklaar eenhede. 'n Afrika-kommandowurm-plaag steek sy kop uit in drie provinsies. Die invloed van digitale platforms op plaaslike nuusmedia is in die kollig.
'n Kragkenner sê ESKOM kon, en moes, die land vroeër gewaarsku het oor die jongste vlaag beurtkrag. 'n Aansienlike styging in damvlakke ná verlede week se goeie reën. Die verregse party in Duitsland het sy steun byna verdubbel - ons praat met 'n politieke ontleder.
Die DA en ANC heroorweeg hulle deelname aan die Regering van Nasionale Eenheid. Die vryspreking van die evangelis Timothy Omotoso ontlok wye kritiek. 'n Twis ontwikkel in die Boland, wat klubrugby se grense kan herskryf. Finansiële markte daal skerp in reaksie op president Donald Trump se nuwe heffings op ingevoerde goedere.…
Reaksie op die aanvaarding van ons begroting. Suid-Afrika word swaar getref deur die jongste tariewe wat die VSA ingestel het. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging bring 'n hofaansoek teen die Nasionale Gesondheidsversekering. Ons fokus op die pad vorentoe om puttoilette by openbare skole te vervang.…
Action SA en die IVP steun die ANC oor die nasionale begroting, maar regstappe dreig. Ons praat met lede van 'n hoëprofiel groep Suid-Afrikaanse sakelui en arbeidsleiers wat besoek in Amerika afgelê het. Wat is mense met outisme se uitdagings?
NSFAS se wanbetaling aan private verblyfverskaffers is weer in die kollig. ‘n Waterbestuurspesialis sê die sogenaamde watermafia knou ook die landbousektor. Twee nuwe staatsveiligheidsentiteite word in die lewe geroep. Die Afrika-kommandowurmplaag versprei na nog provinsies.
Het laatmiddag samesprekings ons nasionale begroting gered? Ons praat met een van die twee groot parte in die RNE. Puttoilette onder die kollig in KwaZulu-Natal. Sprake dat die VSA militêre ondersteuning en samewerking met die Suid-Afrikaanse weermag opskort.
Die DA juig oor die oorstap van ‘n opposisieleier na die party, maar die ANC sê hy het dalk hulle kandidatelys gemanipuleer. Hoe raak Donald Trump se nuwe heffing van 25% op motors Suid-Afrika se uitvoere na Amerika? Parlementêre komitees is bekommerd oor toestande by staatsinstellings.
Die moontlike likwidasie van Ithala Bank is onder die vergrootglas in die parlement. Die regterpresident van Gauteng stel verpligte bemiddeling voor om ‘n groot agterstand met siviele sake in te haal. Die Johanneburgse burgemeester ontken daar is 'n tekort aan water. Meer paartjies skei, terwyl minder mense trou.…
Wie is die aangewese Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika? Die Departement van Water en Sanitasie sê die land beleef 'n waterkrisis. Hewige teenkanting in die parlement teen die BTW-verhoging.
Die politieke party, Build One South Africa, wil hê waterrantsoenering moet ongrondwetlik verklaar word. Onderhandelinge gaan voort om 'n ooreenkoms vir 'n moontlike skietstilstand in Oekraïne te bereik. Shamila Batohi se termyn as hoof van die NVG is in die kollig. Die musieklegende, Jonathan Butler, ontvang 'n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch.…
Die uitgeskopte ambassadeur, Ebrahim Rasool, sê hy is nie spyt oor dit wat hy oor die VSA kwytgeraak het nie. Meer as 'n halfmiljoen migrante moet die VSA binne 'n maand verlaat. Op Wêreld Tuberkulosedag praat ons oor Suid-Afrika se uitdagings met dié siekte. Suid-Afrika se 800-meter ster, Prudence Sekgodiso, maak geskiedenis.…
Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee besluit om rentekoerse onveranderd te laat. Meer as 30 gevalle van a-pokke is reeds in Gauteng aangeteken. 'n Waarskuwing aan rolspelers in die landbousektor oor disinformasie-veldtogte op sosiale media.
Klimaatsverandering bereik nuwe hoogtes in 2024, met sommige gevolge onomkeerbaar. Is 'n rentekoersverlaging vandag moontlik? Vandag is die laaste kans om van 'n SASSA goue kaart na die swart kaart oor te slaan.
Peperduur krag is verbruikers se voorland. 'n Regsmening oor die verbod op die vervaardiging en verkoop van voedingsmiddels wat dagga bevat. Rusland onderneem om sy aanvalle op kraginfrastruktuur in Oekraïne te staak.
Wie moet SA se nuwe ambassadeur na Amerika wees, en wat is volgende vir SA-VSA verhoudinge? Onderwysers in die Vrystaat kan hulle mediese fonds verloor. Kommer oor die stand van menseregte in die land.
Die minister van internasionale betrekkinge betreur Amerika se besluit om Ebrahim Rasool uit te skop. Politieke partye vra vir dialoog tussen Suid-Afrika en die VSA om betrekkinge te herstel. Die toenemende agterstand in DNS-toetse by die polisie se forensiese laboratoriums wek kommer. ‘n Moontlike daling in die brandstofprys wag op motoriste.…
Chaos by van die land se tersiêre instellings bars los weens onsekerheid oor onder meer studente-akkommodasie. Ons praat met 'n ontleder vir sy indrukke oor die eerste dag van die G20-beraad, wat gister in Johannesburg begin het. Die Verenigde Nasies sê dis noodsaaklik dat die Veiligheidsraad beslissende stappe doen om 'n groter streeksoorlog in die ooste van die DRK te voorkom. Die veldtog om die term, kinderpornografie, te vervang met 'n term wat die aanstootlikheid van die misdaad duidelik maak, is weer in die kollig. Die Proteas skop hulle veldtog teen Afghanistan af, by die Kampioenetrofee-toernooi in Pakistan.…
Politieke partye reageer op die besluit om die begrotingsrede uit te stel. Ons praat ook met 'n vakbondleier, 'n ekonoom en 'n politieke ontleder hieroor. President Trump verwys na president Zelenski as 'n diktator wat die oorlog met Rusland begin het.
Cosatu sê dis 'n mite dat die staat se salarisrekening te lywig is. Ons bekyk vanmiddag se begrotingsrede van naderby, en vra wat dit jou uit die sak sal jaag. Daar was 'n geringe verbetering wat indiensneming betref. Washington smee nuwe diplomatieke bande met Moskou.
Politieke partye sê wat hulle van môre se begrotingsrede verwag. Nóg baie reën vir groot dele van die land voorspel. Kan Europese leiers vir president Trump oorreed dat hulle belangrik is vir Oekraïne se toekoms?
Skok en onsteltenis ná die sluipmoord op 'n gay imam in Gqeberha in die Oos-Kaap. 'n Vergadering van Khoisan-groepe word in Boksburg gehou om eenheid te bewerkstellig. ‘n Oud-generaal beskryf Suid-Afrikaanse soldate in die DRK as dapper en toegewyd.
President Cyril Ramaphosa lewer repliek op die tweedaagse debat oor die staatsrede. 'n Koalisie van gesondheidswerkers lê 'n plan voor as alternatief vir die Nasionale Gesondheidsversekering-skema. Die stand van jongmense se geestesgesondheid word onder die loep geneem as deel van tienerselfdood-voorkomingsweek.…
Ons praat met 'n politieke ontleder oor president Trump se telefoongesprekke met die presidente van Rusland en Oekraïne. SASSA waarsku dat die goue kaarte teen die einde van die maand verval. Op Wêreld Radiodag bespreek ons die gevare van Kunsmatige Intelligensie vir die radiobedryf.
Afriforum verwerp bewerings van hoogverraad, maar wat sê die wet daaroor? Mense uit Suid-Afrika wat vlugtelingstatus wil hê, sal met talle uitdagings te doen hê. 'n Nuwe wêreldklas walvisnavorsingsentrum word vir Hermanus in die Wes-Kaap beplan. Hoe weeg die twee groot kunsmatige intelligensie-toepassings, Deepseek en ChatGPT, teen mekaar op?…
Die DA dien hofstukke in om die Onteieningswet ongeldig te laat verklaar. Reaksie op die Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel, wat 'n 25% invoerheffing op staal en aluminium plaas. Die Menseregtekommissie eis dringende ingryping om puttoilette by Oos-Kaapse skole uit te roei. Daar is toenemende gevalle van boeliegedrag by skole.…
Die Amerikaanse president, Donald Trump, se buitelandse beleid word 'n groot krisis vir Suid-Afrika. Intussen word Elon Musk se Starlink-stelsel as "van groot waarde" vir Suid-Afrikaners beskryf. Kleinzee in die Noord-Kaap se waterkrisis is dalk onder beheer. Sam Nujoma se lewe as 'n vryheidsvegter word herdenk.…
President Cyril Ramaphosa fokus in 'n groot mate op ekonomiese groei in sy staatsrede. Die president van die Verenigde State van Amerika, Donald Trump, stel ekonomiese sanksies en reisbeperkinge in teen sekere beamptes van die Internasionale Strafhof.
Politieke partye binne en buite die regering van nasionale eenheid sê wat hulle van die staatsrede verwag. Oudpresident Jacob Zuma is in die hof in verband met sy korrupsiesaak. Al hoe meer lande en staatsinstellings verbied die gebruik van DeepSeek. Die Amerikaanse regering se beëindiging van finansiële hulp aan Suid-Afrika, kan die land se stryd teen klimaatsverandering in die wiele ry.…
Die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, ontken dat die president sakebelange in die Demokratiese Republiek die Kongo het. Die Landboubedryf gaan Donald Trump se dreigement om toekomstige befondsing aan Suid-Afrika op te skort, fyn dophou. Kundiges in die onderwys en misdaadbestryding deel hulle verwagtinge oor die staatsrede.…
Suid-Afrika reageer op die Amerikaanse president se dreigement oor die besnoeiing van fondse aan die land se gesonheidsprogramme. Opposisiepartye verwag nie veel van Donderdag se staatsrede nie. 'n DNS-toets kan dalk help om servikale kanker gouer op te spoor.
Vrystaat Landbou sê boere kan nie die skerp stygings in kragtariewe bekostig nie. 'n Krisis met private studenteverblyf dreig omdat NFSAS nie sy uitstaande skuld aan verskaffers vereffen nie. Onwettige mynbou sal na verwagting onder die vergrootglas wees by die Mynbou Indaba.
Inwoners van Witrivier in Mpumalanga kla oor vuil drinkwater. Die energiereguleerder staan verhogings in kragtariewe toe, wat minder is as wat Eskom versoek het. Die konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo sal vandag in die kollig wees by 'n buitengewone SADEK-beraad.
Die regering verwerp berigte dat soldate in die DRK swak toegerus is. Gesondheidskenners reageer op die VSA se ontrekking van befondsing vir Suid-Afrikaanse programme. Die presidensie sê die kabinetvergadering is nie 'n plek om partypolitieke wasgoed te was nie.
Die president bekragtig die wet op die bewaring en ontwikkeling van landbougrond. Die ANC sê hy sal voortgaan om transformerende wetgewing deur te voer, ongeag teenkanting binne in die regering van nasionale eenheid. Daar is toenemende druk op die weermag om soldate aan die Demokratiese Republiek die Kongo te onttrek.…
Die ANC sal na verwagting vandag sê hoe die leierskap in KwaZulu-Natal en Gauteng hersaamgestel sal word. Vrese vir 'n grootskaalse streeksoorlog in die DRK - ons praat met 'n kenner. 'n Polisievrou van die Noord-Kaap tem twee baie gevaarlike slange.
OUTA vra Eskom om die voorgestelde tariefstruktuur vir huishoudings te vereenvoudig. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Unie sê daar is 'n ernstige gebrek aan kommunikasie deur die weermag oor Suid-Afrikaanse soldate se omstandighede in die Demokratiese Republiek die Kongo. Spanning in die Regering van Nasionale Eenheid neem toe nadat die DA 'n dispuut verkjaar oor die bekragtiging van die Onteiningswet.…
'n Regskenner verduidelik wat die nuwe Onteieningswet behels. Gesinne van apartheidslagoffers eis R167-miljoen van die regering. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike oor president Donald Trump se week van verreikende beleidsveranderings.
Munisipaliteite in die Vrystaat vermors meer as R3-miljard rand se water in vyf jaar. Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die regering se beplande ondersteuningsfonds vir slegs swart sakeondernemings, is ongrondwetlik.Ons ondersoek die impak van oorvol klaskamers op die welstand van leerlinge en onderwysers.…
Tersiêre instellings bars uit hulle nate. Ons praat met 'n kenner oor die groeiende gaping tussen beskikbare plek by universiteite en die reuse aantal studente-aansoeke. Die polisie in die Vrystaat sê Operasie Vala uMgodi behaal groot sukses in die stuit van onwettige mynbou in dié provinsie. Ons vra 'n krimonoloog vir haar insette nadat 'n man onlangs in hegtenis geneem is vir die besit en verspreiding van kinderpornografie. Suid-Afrika het twee jaar nodig om van rommelstatus te herstel, sê die Minister van Finansies by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos. Die MeerKAT-radioteleskoop in die Noord-Kaap illustreer sy uitsonderlike vermoëns met nóg 'n nuwe ontdekking.…
Die meerderheid van padsterftes oor die feesseisoen is voetgangers. Die ANC se topbestuur sal Maandag aandui wie tot die party se redding in Kwazulu-Natal en Gauteng sal kom. Donald Trump belowe om die Amerikaanse droom te laat herleef.
Die ANC neem ernstige besluite oor sy uitvoerende komitees in KwaZulu-Natal en Gauteng. Minstens agt mense sterf in twee ongelukke in die Oos-Kaap en Limpopo. President Cyril Ramaphosa lei vandeesweek 'n afvaardiging na die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos in Switserland. Amerika se volgende president, Donald Trump, word vandag ingehuldig.…
Die vakbond, Naptosa, waarsku dat onderwysers dalk die beroep sal verlaat as druk nie verlig word nie. ‘n Massiewe styging in die vlak van die Vaaldam. Meer as 80 mense dood in Israelse aanvalle sedert die skietstilstandooreenkoms aangekondig is.
Die laaste van die onwettige mynwerkers is na verwagting nou uit die Stilfontein-myn in Noordwes gehaal. Minstens 250 skole in Gauteng word as 'onveilig' beskryf. Action SA is in gesprekke met ander partye gewikkel om 'n teenwig vir die regering van nasionale eenheid te vorm. Suid-Afrika verwelkom die skietstilstand-ooreenkoms tussen Israel en Hamas in Gasa. Die wiele van Suid-Afrika se strafregstelsel kort olie, sê teen-misdaadaktiviste.…
120 onwettige mynwerkers en 30 lyke is by 'n mynskag in Stilfontein na die oppervlak gebring. 'n Kenner verduidelik hoe die 2024-matrieks se vooruitsigte op werk lyk. Suid-Korea se president in hegtenis geneem.
Verlede jaar se matrieks kry vanoggend hulle langverwagte uitslae. Die klas van 2024 word gelukgewens met 'n geskiedkundige slaagsyfer van meer as 87%. Die reeks aardbewings in die Noord-Kaap gaan ondersoek word. Dertien mense verdrink in oorstromings in Limpopo.
Kommer oor die groot aantal werklose dokters in die land. Die ANC-president sê die party sal moet hernu, of die risiko loop om te vergaan. Ons praat met 'n politieke ontleder oor die ANC se verjaarsdagverklaring. Dierebeskermingsorganisasies in Gauteng sê hulle ondervind 'n aansienlike toename in die aantal verdwaalde diere.…
مرحبًا بك في مشغل أف ام!
يقوم برنامج مشغل أف أم بمسح الويب للحصول على بودكاست عالية الجودة لتستمتع بها الآن. إنه أفضل تطبيق بودكاست ويعمل على أجهزة اندرويد والأيفون والويب. قم بالتسجيل لمزامنة الاشتراكات عبر الأجهزة.