Dra Goeie Vrugte
Manage episode 463027464 series 3072738
2 Petrus 1:5-8 En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.
So wat beteken dit vir jou om ‘n top kwaliteit droomlewe te lei? Gaan dit oor die goed wat jy opgaar, die vakansies waaroor jy droom, die lekker eet waarna jy smag? Of is daar … iets meer?
Die lewe is kompleks. Dit is morsig. Ons verbeel ons dat daar iewers 'n perfekte lewe vir ons wag. Maar of jy nou ryk of arm is, die wêreld pootjie jou telkens met uitdagings wat jou pad kruis en die wonderlike lewe wat jy gedink het jy veronderstel is om te leef, opmors. En dit is nie net jy nie. Dit is vir ons almal waar.
Nouja, hoe lyk jou idee van ‘n suksesvolle droomlewe te midde van al hierdie deurmekaar lewenskwessies? Hoe sal jy weet of jy dit bereik het?
Die afgelope week het ons gekyk na die dinge wat ons in ons lewens nodig het om hierdie bevredigende droomlewe te lei. Nie almal van die deugde kom vanself nie, maar wanneer ons ons vertroue in God plaas, gee Hy ons die krag om hulle uit te leef.
2 Petrus 1:5-8 En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.
Hoe weet jy dat jy jou droomlewe lei? Deur die vrugte wat jy dra, deur die positiewe impak wat jy in die lewens van ander het, deur die eer wat jy aan sy Naam bring. Gaan voort, leef jou droomlewe!
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
1000 حلقات