Die Swaarkry van die Mensdom
Manage episode 463315260 series 3072738
Eksodus 3:7-8 Die Here sê toe vir hom: “Jy kan seker wees dat Ek gesien het hoe swaar my volk in Egipte kry. Ek het gehoor hoe hulle teen hulle slawedrywers om hulp roep. Ek is baie bewus van hoe swaar hulle kry. Daarom het Ek afgekom om hulle van die Egiptenaars te bevry en hulle weg te lei uit Egipte na hulle eie mooi, groot land. Dit is ’n land met oorgenoeg kos. (NLV)
As jy na alles kyk wat op die oomblik in die wêreld aan die gang is, is dit genoeg om jou moedeloos te laat voel! Byna een miljard mense wêreldwyd ly aan die een of ander geestesversteuring. Meer as 800 miljoen het nie genoeg om te eet nie. Armoede neem toe terwyl die gaping tussen ryk en arm al hoe groter word.
Dit is inderdaad ontstellende syfers. Maar ons praat nie net van statistieke nie. Ons praat van mense, individue net soos ek en jy – mense met dieselfde behoeftes, dieselfde hoop en drome as wat ons het.
En as ons dit persoonlik maak, kan ons ook getuig dat ek en jy albei al deur ons eie tye van lyding gegaan het. Miskien ly jy op die oomblik...
Wat doen ons aan die saak? Vra ons vrae? Hoekom laat God dit toe? Ek bedoel kyk na wat die afgelope tyd in Israel en Gasa gebeur. As Israel werklik God se uitverkore volk is, hoekom laat Hy dit toe? En wat van al die onskuldiges wat in oorlogstyd verskriklik ly?
Ek is nie van plan om een of ander briljante antwoord op sulke verwarrende vrae te gee nie, maar in 'n tyd toe die nasie Israel in slawerny gely het....
Eksodus 3:7-8 Sê die Here vir Moses: “Jy kan seker wees dat Ek gesien het hoe swaar my volk in Egipte kry. Ek het gehoor hoe hulle teen hulle slawedrywers om hulp roep. Ek is baie bewus van hoe swaar hulle kry. Daarom het Ek afgekom om hulle van die Egiptenaars te bevry en hulle weg te lei uit Egipte na hulle eie mooi, groot land. Dit is ’n land met oorgenoeg kos. (NLV)
My vriend, God sien ook jou lyding raak en Hy sal jou op die regte tyd daarvan verlos.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
1001 حلقات