المحتوى المقدم من RSG. يتم تحميل جميع محتويات البودكاست بما في ذلك الحلقات والرسومات وأوصاف البودكاست وتقديمها مباشرة بواسطة RSG أو شريك منصة البودكاست الخاص بهم. إذا كنت تعتقد أن شخصًا ما يستخدم عملك المحمي بحقوق الطبع والنشر دون إذنك، فيمكنك اتباع العملية الموضحة هنا https://ar.player.fm/legal.
Player FM - تطبيق بودكاست انتقل إلى وضع عدم الاتصال باستخدام تطبيق Player FM !
المحتوى المقدم من RSG. يتم تحميل جميع محتويات البودكاست بما في ذلك الحلقات والرسومات وأوصاف البودكاست وتقديمها مباشرة بواسطة RSG أو شريك منصة البودكاست الخاص بهم. إذا كنت تعتقد أن شخصًا ما يستخدم عملك المحمي بحقوق الطبع والنشر دون إذنك، فيمكنك اتباع العملية الموضحة هنا https://ar.player.fm/legal.
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
المحتوى المقدم من RSG. يتم تحميل جميع محتويات البودكاست بما في ذلك الحلقات والرسومات وأوصاف البودكاست وتقديمها مباشرة بواسطة RSG أو شريك منصة البودكاست الخاص بهم. إذا كنت تعتقد أن شخصًا ما يستخدم عملك المحمي بحقوق الطبع والنشر دون إذنك، فيمكنك اتباع العملية الموضحة هنا https://ar.player.fm/legal.
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Kommer oor 'n ISIS-aanval in Mosambiek. Ons praat met 'n militêre ontleder. Stygende watervlakke hou gevaar in vir oeste in die Laer-Oranjerivier-streek in die Noord-Kaap. 'n ANC-faksie wil die miljardêr en sokkeradministrateur, Patrice Motsepe, se arm draai om as ANC-presidentskandidaat te staan.
Die regering oorweeg 'n kernkragreaktor - ons praat met 'n energiekenner oor die voor- en nadele. Die wêreld se skaars minerale is onder die vergrootglas ná die geskiedkundige ooreenkoms tussen die VSA en Oekraïne. 90 000 ondersteuners word by die kragmeting tussen Kaizer Chiefs en Orlando Pirates verwag.…
President Cyril Ramaphosa gaan 'n kommissie aanstel om vas te stel hoekom die Nasionale Vervolgingsgesag nie apartheidsmisdade ondersoek het nie. Advokaat Dali Mpofu se tugverhoor word uitgestel - ons praat met 'n kenner oor die aanklagte teen hom. Die wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming ontlok nóg ‘n hofgeding.…
Die liggame van die drie vermiste polisiekonstabels is gevind, maar die raaisel oor hulle voertuig duur voort. Minder padsterftes is oor die Paastyd aangemeld. Action SA dien 'n PAIA-aansoek in om die OPOD-verslag oor Phala Phala te bekom. Suid-Afrika stel sy saak aan die Internasionale Geregshof oor die humanitêre krisis in Gasa.…
Meer as 'n miljoen mense het die Suid-Afrikaanse grens die afgelope naweek oorgesteek. Die prys van beesvleis styg. Die militêre leier van Burkina Faso, Ibrahim Traoré, is besig om wêreldwyd aandag te trek.
Die Hooggeregshof in Kaapstad skort die BTW-verhoging op. Die EFF glo Suid-Afrikaners het geen rede om Vryheidsdag te vier nie. Toenemende misdaad ontmoedig belegging in Gqeberha in die Oos-Kaap. ‘n Vredesooreenkoms wink tussen die DRK en Rwanda.
'n Toutrekkery oor wie erkenning moet kry vir die afskaffing van die BTW-verhoging - ons praat met politieke partye en 'n ekonoom. President Cyril Ramaphosa bevestig 'n telefoniese gesprek met president Donald Trump.
Die Nasionale Tesourie hou BTW op 15 persent. Die president van Oekraïne, Wolodomir Zelensky, sal na verwagting vandag in Suid-Afrika samesprekings hou met president Cyril Rmaphosa. Duisende roubeklaers bring hulde aan die ontslape pous Franciskus, wat in die Vatikaan in staatsie lê.
Uitspraak is voorbehou in die DA en EFF se aansoek om die aanvaarding van die fiskale raamwerk as ongeldig en onwettig te verklaar. Die Noord-Kaapse ANC behou sy leierskap. Egipte en Katar sit 'n nuwe ooreenkoms op die tafel om die oorlog in die Gasastrook te beëindig. Die F.W. De Klerk Stigting stel alternatiewe voor vir raskwotas in die werkplek.…
Senior DA-leiers sal vandag se hofaksie teen die voorgenome styging in BTW bywoon. Huldeblyke vir die ontslape Pous stroom van oraloor in. Die tema van Aardedag is Ons Planeet, Ons Krag, en fokus op klimaataksie en hernubare energie.
Die regering veroordeel Floyd Shivambu se besoek aan die kerk van Shepherd Bushiri. Politieke partye gaan vandeesweek nog gesprekke voer oor die BTW-verhoging. NEASA en die Sakeliga wil hof toe gaan oor die Wysigingswet op Diensbillikheid.
Die vermeende slagoffers van Timothy Omotoso hoop dat geregtigheid eendag sal geskied. Die polisie in Gautengse ondersoek die skietdood van 'n 60-jarige man van Sophiatown. Verkeer op die land se paaie neem toe soos vakansiegangers na hulle paasfeesbestemmings reis. Buitelandse ministers van Amerika en Europa sit koppe bymekaar om die oorlog in Oekraïne te beëindig.…
Suid-Afrika se Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, hou samesprekings in Moskou. Navorsing wys ouers is bekommerd wanneer hulle kinders skool toe gaan. Ons praat oor China se 'geheime wapen' in die handelsoorlog met Amerika.
Wat wag op Mcebisi Jonas, die nuutaangestelde gesant na die VSA - wat sal sy rol wees? Kenners sê daar moet meer gefokusde mentorskapprogramme in skole ingestel word om onderwysers voor te berei. Hoe moet die media berig oor spazawinkelprodukte, sonder om paniek te saai?
مرحبًا بك في مشغل أف ام!
يقوم برنامج مشغل أف أم بمسح الويب للحصول على بودكاست عالية الجودة لتستمتع بها الآن. إنه أفضل تطبيق بودكاست ويعمل على أجهزة اندرويد والأيفون والويب. قم بالتسجيل لمزامنة الاشتراكات عبر الأجهزة.