Lukas 24: 29(b) en 32| Jesus Christus (die Woord wat vlees geword het) se nabyheid gee alleen die ware vertroosting en bemoediging in hierdie lewe.
Manage episode 440191958 series 2413767
Ons ontmoet twee mense op pad na die dorpie Emmaus, sowat 11 km. van Jerusalem. Hierdie twee mense gesels egter oor ‘n hartseer saak wat afgespeel het die afgelope paasnaweek in Jerusalem. Daar is gemeenskaplike droefheid oor alles wat hulle gehoor en gesien het - sake oor die onregverdige verhoor en kruisiging van Jesus Christus.
Nou is Hy dood, die hoop dat Hy Israel sou verlos van die Romeinse juk is verydel. Om alles te kroon het die berig dat sy liggaam verdwyn het, hulle nog meer ontstel. Sy liggaam is weg, die graf was oop en dan nog die berig dat daar sprake is dat Hy lewe.
Maar dan is Jesus werklik ‘n mede-wandelaar. Jesus vra in vers 17: “Waaroor loop julle so met mekaar en redeneer?”
Hulle antwoord in vers 18: “Is u die enigste vreemdeling in Jerusalem wat nie weet van die dinge wat in hierdie dae in die stad gebeur het nie?”
Jesus vra in vers 19: “Watter dinge?” Dan kom die antwoord in vers 19 en 20: “Dit wat gebeur het met Jesus van Nasaret, ‘n profeet, magtig in woord en daad in die oë van God en die hele volk; en hoe die leierpriesters en ons volksleiers Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word en Hom laat kruisig het.”
Hierop gebruik Jesus hierdie saak as inleiding tot ‘n magtige en kragtige preek. Ons lees in vers 27: “Hierna het Hy begin om al die Skrifte oor Hom, vanaf Moses en die Profete, vir hulle uit te lê”
Die prediking fokus op menige profesieë uit die Ou Testament oor die koms van Christus. Ons kan nie werklik die Nuwe Testament verstaan as ons nie die Ou Testament ken nie. Eers dan besef ons die bede : Here bly by ons, by u kerk, nou en tot met die wederkoms.
122 حلقات