المحتوى المقدم من RSG. يتم تحميل جميع محتويات البودكاست بما في ذلك الحلقات والرسومات وأوصاف البودكاست وتقديمها مباشرة بواسطة RSG أو شريك منصة البودكاست الخاص بهم. إذا كنت تعتقد أن شخصًا ما يستخدم عملك المحمي بحقوق الطبع والنشر دون إذنك، فيمكنك اتباع العملية الموضحة هنا https://ar.player.fm/legal.
Player FM - تطبيق بودكاست انتقل إلى وضع عدم الاتصال باستخدام تطبيق Player FM !
Why do so many of us get nervous when public speaking? Communication expert Lawrence Bernstein says the key to dealing with the pressure is as simple as having a casual chat. He introduces the "coffee shop test" as a way to help you overcome nerves, connect with your audience and deliver a message that truly resonates. After the talk, Modupe explains a similar approach in academia called the "Grandma test," and how public speaking can be as simple as a conversation with grandma. Want to help shape TED’s shows going forward? Fill out our survey ! Become a TED Member today at ted.com/join Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.…
المحتوى المقدم من RSG. يتم تحميل جميع محتويات البودكاست بما في ذلك الحلقات والرسومات وأوصاف البودكاست وتقديمها مباشرة بواسطة RSG أو شريك منصة البودكاست الخاص بهم. إذا كنت تعتقد أن شخصًا ما يستخدم عملك المحمي بحقوق الطبع والنشر دون إذنك، فيمكنك اتباع العملية الموضحة هنا https://ar.player.fm/legal.
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
المحتوى المقدم من RSG. يتم تحميل جميع محتويات البودكاست بما في ذلك الحلقات والرسومات وأوصاف البودكاست وتقديمها مباشرة بواسطة RSG أو شريك منصة البودكاست الخاص بهم. إذا كنت تعتقد أن شخصًا ما يستخدم عملك المحمي بحقوق الطبع والنشر دون إذنك، فيمكنك اتباع العملية الموضحة هنا https://ar.player.fm/legal.
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
André P. Brink sou op 29 Mei 2025 sy 90e verjaarsdag gevier het. Ons onthou hierdie groot skrywer met 'n huldeblyk, wat Ina Strydom in 2015 oor hom gemaak het. Zelda Bezuidenhout gesels oor die rolprent wat gemaak is van haar boek, DIE DEKONSTRUKSE VAN RETTA BLOM. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy meer uitvind oor die splinternuwe klimaatprys, en 'n twiet wat die Australiese skrywer, Karen Wyld, 'n prys gekos het. Hy bring ook hulde aan Ngũgĩ wa Thiong’o, die Keniaanse skrywer, wat onlangs oorlede is.…
Ilse Salzwedel gesels met Antjie Krog, een van ons land se mees bekroonde en veelsydigste digters en skrywers, oor haar outobiografiese roman, DIE BINNERYM VAN BLOED, wat onder andere die komplekse verhouding tussen haar en haar skrywer-ma, die ewe bekende Dot Serfontein, verken. Johan Myburgh praat oor die wenners van die International Booker vir vertaalde werk (HEART LAMP), asook THE ADVERSARY, wat met die Dublinprys bekroon is.…
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, bespreek Afrikaanse en plaaslike Engelse fiksie. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die Dylan Thomasprys, ‘n onlangse toekenning aan Margaret Atwood, en die aangrypende ware verhaal uit die pen van die TV-ster Kelsey Grammer. Johan stel ons ook voor aan Mia Couto, die Mosambiekse skrywer wat onlangs deur PEN Amerika vereer is met die Nabokov-prys vir sy lewensbydrae tot internasionale letterkunde. Jy kan ook uitvind wie is op die kortlyste van die UJ-prys en UJ-debuutprys. Ilse Salzwedel vertel meer oor die nuwe Breyten Breytenbach-poësieprys.…
Luister na ‘n heruitsending van ‘n onderhoud met Eunice Visser oor haar boek, DIE KAAPSE SLAWE, wat onlangs weer bekroon is. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, deel ‘n lys van interessante nie-fiksie aanbevelings. Johan Myburg het nuus oor twee internasionale romans, THE EMPEROR OF GLADNESS deur Ocean Vuong, en JAMES, deur Percival Everett.…
Ilse Salzwedel gesels met Hennie van Deventer, oud-koerantman en skrywer van meer as 20 nie-fiksie boeke, en Elizabeth Wasserman, die skepper van die fantastiese Mevrou Smit, wat tans op RSG voorgelees word. Johan Myburg het vier bydraes uit die internasionale boekewêreld. Hy kyk terug na die onvergeetlike boeke wat presies ‘n eeu gelede in 1925 verskyn het, het nuus oor ‘n nuwe kinderboek oor die gewilde Gruffalo-karakter, vertel meer oor ‘n internasionale skryfkompetisie, en gesels oor die Carol Shields-prys.…
Luister na heruitsendings van onderhoude wat met die pas bekroonde Eben Venter en Gaireyah Fredericks gevoer is oor hulle bekroonde boeke. Eben se DECIMA is met die Hertzogprys bekroon, en Gaireyah se EEN VOET INNIE KAR met die Eugene Maraisprys.
Ter viering van Wêreldboekedag luister ons na ‘n 1995 dokumentêr oor die skrywer, Alba Bouwer, ‘n vrou wat van baie Afrikaanse kinders lesers gemaak het. Sy was ook bekend as ‘n radiopersoonlikheid, en die skrywer van DIE AFDRAAND VAN DIE DAG IS KIL, ‘n roman vir volwassenes. Johan Myburg vertel meer oor die lewe en werk van Mario Vargas Llosa, die Peruviaanse skrywer en Nobelpryswenner, wat onlangs oorlede is. Jy kan ook meer uitvind oor VANISHING WORLD, ʼn roman van die Japanse skrywer Sayaka Murata.…
Voel jy skuldig oor al die stapels boeke op jou rakke wat jy nog nie gelees het nie? Ilse Salzwedel het goeie nuus daaroor in vandeesweek se Skrywers en Boeke.
Ilse Salzwedel gesels met Sandy Schoeman, wie se eerste twee boeke (ROOILETTERKIND en CHAKALAKA UIT ‘n BLIKKIE) albei bekroon is. Jy kan ook uitvind watter boeke het die kortlys vir die baie gesogte letterkundige pryse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gehaal. Johan Myburg gesels oor die kortlys van die 2025 Womens Prize for Fiction, die 62ste Bologna-kinderboekskou en die kortlys van die 2025 Dublin-letterkundeprys. Hy het ook ‘n bydrae oor Heart of Darkness, die novelle van die Pools-Engelse skrywer, Joseph Conrad, wat onlangs in Afrikaans vertaal is deur Fransi Phillips. En jy kan ook uitvind wie die wenners is van die baie gesogte 2025 Windham-Campbell-pryse in Brittanje.…
Die program word gewy aan die bekroonde digter, skrywer en vertaler Johann de Lange, wat op 27 Maart 2025 oorlede is. De Lange was bekend as iemand wat die kollig vermy het, maar jy kan luister na ‘n 1994-argiefonderhoud waarin hy met Nic Swanepoel gesels oor sy eerste ses bundels. Daarna volg ‘n opname van ‘n 2021-uitsending van VERS EN KLANK, waarin Richard van der Westhuizen gedigte voorlees uit De Lange se bekroonde bundel DIE MEESTE STERRE IS LANKAL DOOD, en sy bundel DUIMNAELSKETSE.…
Rudie van Rensburg gesels oor die navorsing vir sy jongste roman, LEEUMENS. Sally Andrew praat oor die sukses van haar baie gewilde TANNIE MARIA-reeks. In Johan Myburg se internasionale bydraes bring hy hulde aan die Noorweegse skrywer, Dag Solstad. Jy kan ook meer uitvind oor die wenners van die Nero-pryse, die kortlyste vir die eerste klimaatfiksie-prys, en die Dylan Thomas-letterkundeprys.…
Die Cordis Trust is vanjaar 25 jaar oud, en Ilse Salzwedel gesels met die stigter, dr. Fanie Marais, oor die trust se wye verskeidenheid werk in, en vir, Afrikaans. Die gewilde skrywer Sophia Kapp gesels oor die boek wat van haar ‘n skrywer gemaak het, en ander boeke wat sy nooit sal vergeet nie. Johan Myburg vertel hoe die wêreld gereageer het op die dood van die dramaturg ,Athol Fugard, en jy kan ook luister na ‘n kort argiefonderhoud van ‘n dekade gelede waarin Fugard vir Anita Visser vertel hoe dit voel om op 83 weer in een van sy eie toneelstukke op te tree. Johan vertel ook meer oor die kortlyste vir die 2025 British Book Awards, of Nibbies, soos die pryse ook bekend staan.…
Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Bergh oor sy baie openhartige outobiografiese boek, LANDUIT. Jy kan ook luister na ‘n huldeblyk aan Crystal-Donna Roberts, wat in 2022 haar debuut as jeugboekskrywer gemaak het. In sy internasionale bydraes gesels Johan Myburg oor die 16 boeke op die langlys van die Women’s Prize for Fiction. Jy kan ook meer uitvind oor CARELESS PEOPLE, ‘n boek waarin ‘n voormalige Facebook-hoëkop vertel presies hoe dinge agter die skerms werk by hierdie sosiale media reus.…
Rozaan de Wet Boer gesels openhartig met Suzette Myburg oor haar tweede roman, IS JY ORRAAIT, ELIZABETH? wat handel oor die ma van ‘n Downsindroom seun en die vriendinne wat haar ondersteun. Ilse Salzwedel stel jou voor aan die kinder- en jeugboekkenner, MAGDEL VORSTER. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy meer uitvind oor THE TWELVE CEASARS, ‘n boek uit die tweede eeu wat handel oor Romeinse keisers en wat tans op Brittanje se topverkoperlys is. Johan kyk ook na die uitgewers wie se boeke die International Bookerprys se langlys domineer, en verduidelik die nuwe titel waaronder die Nederlandse poet laureate - voorheen bekend as die Dichter des Vaderlands – deesdae bekend staan.…
Betsie van Niekerk, skrywer van SO OOK OP DIE AARDE, wat soggens op RSG voorgelees word, vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar skryfloopbaan. Prof. Steward van Wyk gesels oor die vyfde Swart Afrikaanse Skrywersimposium wat later vanjaar by die UWK gehou word, en vertel ook meer oor die vier dekades wat verloop het sedert die eerste SAS. In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewêreld gesels hy oor vier misdaardromans wat deur The New York Times aanbeveel word, en bring hulde aan die Noord-Ierse digter Michael Longley. Jy kan ook meer uitvind oor die Amerikaans-Nigeriese skrywer van wetenskapfiksie en fantasieromans vir volwassenes en jongmense, Nnedi Okorafor.…
Luister na die digter Rosa Keet en haar suster Ellen Botha in ‘n episode uit die 2005-reeks, INK IN ONS ARE, ‘n reeks oor bekende letterkundige families.
Resensent en smaakmaker-finalis Trisa Hugo gesels oor boeke wat haar lewe verander het. Van DIE REISE VAN ISOBELLE tot WILHELMINA: KAMPKIND OP JAVA tot GRIET SKRYF ‘n SPROKIE en THE BOY WHO NEVER GAVE UP – daar is iets vir elke smaak. Ilse Salwedel praat oor SKRYFNET se skryfkursusse, en hulle soektog na die beste 100 Afrikaanse boeke van die afgelope 100 jaar. In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewêreld vertel hy meer oor Margaret Atwood se langverwagte memoir, en THEFT, ‘n nuwe roman deur Abdulrazak Gurhah. Johan bring ook hulde aan Tom Robbins, en gesels oor Ian McEwan se jongste roman, WHAT WE KNOW.…
Jeremy Veary is nie net ‘n bekende oud-polisieman nie, maar ook ‘n gerekende skrywer. Ilse Salzwedel gesels met hom oor sy biografiese boeke (JEREMY VANNIE ELSIES en INTO DARK WATER) en sy jongste boek, ‘n historiese roman getiteld ROOISAND: DIE VERHAAL VAN DIRK ARUSEB EN DIE BONDELSWARTS. Die digter, liedjieskrywer en TV-draaiboekskrywer, Rosa Keet, het vandeesweek haar 80e verjaarsdag gevier, en draaiboekskrywer en aktrise Henrietta Gryffenberg bring hulde aan haar mentor en voormalige kollega. Johan Myburg het nuus oor die jongste verwikkelinge met die Kanadese Giller-letterkundeprys, en gesels oor Anne Tyler se nuwe roman, THREE DAYS IN JUNE. (En hy het ‘n heerlike brokkie inligting oor wyle Jeanne Goosen.) Alma Swart, organiseerder van die Umuzi Lees- en Kosfees wat van 27 Februarie tot 1 Maart in Secunda gehou word, vertel waarna boekliefhebbers tydens die fees kan uitsien.…
Luister na ‘n huldeblyk vir Joha van Dyk (27), die gewilde jeugskrywer wat onverwags oorlede is op 2 Februarie. Jy kan o.a. luister na uittreksels uit ‘n onderhoud wat in 2022 met haar gevoer is. Medeskrywers en haar uitgewer gesels oor Joha as mens, en bespreek ook haar bydrae tot Afrikaans. Elna van der Merwe, organiseerder van die Stilbaai-boekefees wat tussen 21 en 23 Februarie gehou word, vertel waarna besoekers kan uitsien. In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewêreld, gesels hy oor die langlys vir die Dublin-letterkundeprys waarop daar vanjaar ook ‘n Suid-Afrikaanse roman verskyn. Vind meer uit oor ‘n nuwe versameling vertaalde werk van Czeslaw Milosz, die Poolse Nobelpryswenner vir letterkunde, en The Bone People, ‘n roman wat veertig jaar gelede onder groot omstredenheid met die Bookerprys bekroon is.…
Ilse Salzwedel het resensent Francois Bekker gevra om ‘n paar boeke vir luisteraars aan te beveel. Só lyk sy lysie: DIE KATARTIESE METODE (Jaco Fouché); NAAM, VAN, DIER, DORP (Gielie Hoffman), PRETORIA STORIES (Pieter Swanepoel), ALL THE WORST HUMANS: HOW I MADE NEWS FOR DICTATORS, TYCOONS, AND POLITICIANS (Phil Elwood). Sy gesels ook met Helené Coetzee van Pan McMillan-uitgewers oor Wêreldhardopleesdag, wat op 5 Februarie gevier word. En, daar is nuus oor die Breytenbachsentrum se Kinder- en Jeugliteratuurskryfskool. Johan Myburg vertel meer oor die Engelse vertaling van die Nobelpryswenner Han Kang se jongste roman, WE DO NOT PART, en Mike Herron, wenner van die Britse Diamond Dagger-toekenning vir misdaadfiksie. Johan gesels ook oor Frank Cottrell-Boyce, Brittanje se Children’s Laureate (amptelike kinder- en jeugskrywer), en sy werk om die belangrikheid van kinders wat lees onder die Britse regering se aandag te bring.…
Carina Stander, die skrywer van die Bergengel-reeks, gesels met Ilse Salzwedel oor haar skryfwerk. Hulle praat oor haar kreatiewe wêreld, en verken die inspirasie agter haar magiese verhale. Desiree Gardner gesels oor die verwerking van die geliefde Reënboograntboeke vir tieners na 'n sepie, wat op Showmax te sien is. Johan Myburg vertel meer oor Fierce Elegy, die digbundel van die Amerikaanse digter Peter Gizzi, wat onlangs met die TS Eliot-prys bekroon is. Hy stel ons ook voor aan Anne Tyler (83) wie se volgende boek later vanjaar verskyn. In ‘n insetsel oor die kategoriewenners van die Nero-pryse, kan jy hoor hoe een van die benoemdes, Colin Barrett, ’n uittreksel voorlees uit sy boeiende roman, HOMESICKNESS.…
Ilse Salzwedel gesels ek met Chris Karsten oor sy roman, DIE KEISER SE DUIM. Johan Myburg bring hulde aan die Britse skrywer, David Lodge, en vertel meer oor 'n Amerikaanse mediese dokter wat rillers begin skryf het onder die skuilnaamn Freida McFadden. Johan het ook nuus oor Chimamanda Ngozi Adichie se nuwe roman. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor drie belangrike boeke oor die Grensoorlog wat verlede jaar verskyn het. (TROEP deur Bun Booyens, SEUN deur Dana Snyman, en BLOEDBROERS deur Deon Lamprecht). ‘n Boekklub wat 25 jaar gelede ontstaan het, sorg steeds vir hegte vriendskappe, met boeke as die gemene deler.…
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, het ‘n lys van nie-fiksie boeke wat sy aanbeveel. Skrywer en Hertzogpryswenner SJ Naude gesels oor ‘n lys uiteenlopende Suid-Afrikaanse boeke wat ‘n impak op sy lewe gehad het. Johan Myburg bespreek ‘n paar internasionale boeke waarna jy kan uitsien in 2025, en vertel van die eer wat die Britse skrywer Alan Hollinghurst te beurt geval het. Daar is ook nuus oor FRAMED, ‘n nie-fiksieboek waarvan die gewilde misdaadromanskrywer John Grisham die mede-skrywer was. Johan bring hulde aan wyle Barbara Taylor Bradford.…
Ervaar die warmte van Kersfees met 'n spesiale uitsending. Laat jou inspireer deur die stories, gedigte en musiek wat Ilse Salzwedel en Johan Myburg uitgesoek het. Luister na Johan Myburg se voorlesing van DJ Opperman se Kersliedjie, en beleef Abraham de Vries se verhaal, Kerssang by Pitlamplig, ‘n roerende blik op 'n Klein Karoo-Kersaand. Donald W. Riekert se gedigte Kersfees en Kersfees in Ouetehuis bied ‘n ander blik op Kerstyd. Elize Bosch se ware verhaal, Kerssprokie van ‘n Stadskind, herinner ons aan hoop en liefde, en word voorgelees deur Elsje van Jaarsveld. Chris van Wyk se Snakes en Ladders vir Krismis sorg vir ‘n stukkie nostalgie.…
Ontspan met drie van Annelie Botes se kortverhale en twee rubrieke, soos oor die jare voorgelees in KORTOM. Die volgende kortverhale kom uit haar bundel Trousseaukis: OP SOEK NA SKADUWEE, voorgelees deur Martelize Kolver; HUIS OP DIE MAAN, voorgelees deur Anna-Mart van der Merwe; SKRIF AAN DIE MUUR, voorgelees deur Jana Kruger; Riëlle Heine lees twee rubrieke ‘N LYS VAN TROUMANNE en ‘N VERPLIGTE VAK (uit die bundel Voetstoots).…
KIND VAN DIE KAMMANASSIE is ‘n huldeblyk aan topverkoperskrywer Annelie Botes – soms omstrede, maar ook een van Afrikaans se mees geliefde skrywers. Ilse Salzwedel gesels met haar eerste uitgewer, Hettie Scholtz, en Melt Myburg, haar uitgewer van die laaste 12 jaar. Digter, skrywer en joernalis Selwyn Millborrow en Marion Erskine (skrywer en wenner van RSG se 2025-radiodramakompetisie) deel ook herinneringe aan hulle mentor. Jy kan luister na uittreksels uit vier onderhoude wat tussen 1999 en 2017 met Annelie gevoer is. (Gerda Coetzee oor Trippelsewe); Daniel Hugo en Danie Botha (Raaiselkind); Christelle Webb-Joubert (Sabbatsreis en Trousseaukis) en Magdaleen Kruger (Swart op Wit).…
Ilse Salzwedel praat met P.J.O. Jonker oor sy debuutroman, DIE ONSIGBARE. Nadine Petrick (LAPA) en Helene Coetzee (Pan McMillan) gesels oor oulike kinder- en jeugboeke wat hulle aanbeveel vir Kersgeskenke. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor Trevor Noah se nuwe kinderboek, INTO THE UNCUT GRASS. Johan Myburg gesels oor die eerste wenner van Wits se Achmat Dangor-prys, en Yang Shuang-zi se roman, TAIWAN TRAVELOGUE, wat aangewys is as die wenner van die National Book Awards se prys vir vertaalde boeke. Hy vertel ook meer oor ‘n versamelbundel van Refaat Alareer se prosa en poësie, wat onder die titel, IF I MUST DIE, verskyn het, presies ‘n jaar ná dié Palestynse digter en akademikus se dood in ‘n Israelse lugaanval.…
Luister na uittreksels uit twee Vers en Klank-programme, wat deur wyle Margot Luyt saamgestel is. In die eerste een, wat in 2015 uitgesaai is, gesels sy met Breyten oor sy tien gunsteling Afrikaanse gedigte, wat hy ook voorlees. In die tweede Vers en Klank lees Dawid Minnaar van Breyten se gedigte voor. Daar is ook ‘n argiefopname waar Breyten van sy eie gedigte voorlees.…
Ilse Salzwedel praat met Susan Coetzer oor haar nuwe lekkerlees-roman, HAAS EN HARRIET. AJ Opperman vertel meer oor Nathan Trantraal. Johan Myburg stel ons voor aan die wenners van die National Book Awards van die VSA, en gesels oor ‘n klompie nuwe internasionale boeke vir jou boekrak. Hy vertel ook hoekom ‘n bekende internasionale uitgewer besluit het om van sy boeke beskikbaar te stel vir gebruik deur kunsmatige intelligensie-webwerwe.…
مرحبًا بك في مشغل أف ام!
يقوم برنامج مشغل أف أم بمسح الويب للحصول على بودكاست عالية الجودة لتستمتع بها الآن. إنه أفضل تطبيق بودكاست ويعمل على أجهزة اندرويد والأيفون والويب. قم بالتسجيل لمزامنة الاشتراكات عبر الأجهزة.