Do you have trouble drifting off to sleep? My mission is simple. To help you relax, put the stressful day behind you and drift off to sleep. In every episode, I will read an old story in the public domain. So lie down, settle into your pillow, close your eyes, and let me read you a bedtime story to help you sleep. Support the podcast and enjoy ad-free and bonus episodes. Try FREE for 7 days on Apple Podcasts. For other podcast platforms go to https://justsleeppodcast.com/support Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Send us a text Efesiërs 4:30 En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. Almal wil 'n beter lewe hê. Ek dink nie ek het al ooit 'n enkele persoon ontmoet wat nie die een of ander dingetjie het, wat hulle wens hulle kon verander nie. Het jy al? Ja, ek weet ons almal verstaan daardie gevoel van onvergenoegdheid. En tog blameer ons alte dikwels daardie één ding, wat ons hartseer veroorsaak, terwyl die probleem eintlik binne-in ons lê. Ek wonder wat ons sou sien as ons die kans gegee word om van die hemel se balkon af op ons lewens neer te kyk? Hoe lyk ons gedagtes, ons begeertes, ons dade, ons reaksies? Wat van die dinge wat in ons harte aangaan; die dinge wat God bedroef, die dinge waarvan Hy ons graag wil bevry? Efesiërs 4:30 E n moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. Sal jy my toelaat om jou vandag prontuit te vra wat jy dink, begeer, doen en sê? Is dit gierigheid, of selfsug, of trots, of woede, of onvergewensgesindheid, of dalk ‘n wrok? Daardie ding wat jou van ‘n vervulde lewe beroof; en wat God diep in sy hart bedroef? Dis nogal vreemd hoe ons aan daardie dinge wil vashou sonder om eerlik te wees met onsself, sonder om dit ooit, vir eens en vir altyd, finaal te hanteer. Wat dink jy? Waaraan klou jy vas? En as dit God se hart breek, waarom verbeel jy jou dat dit jou eie hart sal vervul? En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. Laat dit gaan. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text Efesiërs 4:29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. Dit spreek vanself dat ons vriendelik teenoor mekaar moet wees. Dis absoluut voor die hand liggend, nè? Maar hoe kry jy dit reg? Hoe bly jy koelkop sonder om te sê wat jy dink wanneer iemand jou irriteer? En hoe kry jy dit reg om nie deur 'n terloopse, onnadenkende gesigsuitdrukking jou afkeur teenoor iemand te toon nie? Sê my? Dis nie maklik nie, nè? Miskien is jy 'n meer verdraagsame mens as ek, maar ek is seker party mense irriteer jou ook soms, en dan is die versoeking groot om hulle, in die hitte van die stryd, kaalkop die waarheid te vertel. En kom ons wees eerlik, dit eindig nooit goed nie. Ja, my vriend, kyk wat sê Paulus in: Efesiërs 4:29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. Goed, soos ek gesê het, dit is voor die hand liggend, maar hoe leef jy dit uit? Weet jy, daardie persoon wat jou mal maak; die een wat jou irriteer; die een wat jou te na kom, hulle het ook maar hul eie demone om te hanteer. Hulle het hul eie ongeneesde wonde uit die verlede, hulle eie stres en konflik in die lewe – net soos jy! Dis 'n snaakse ding, maar wanneer ons werklik probeer om hulle te verstaan; om te kyk waar hulle vandaan kom en hoekom hulle so optree, word dit baie makliker om niks slegs te sê nie. So kan jy die korrekte, opbouende woorde gebruik om hulle te bevoordeel en om hulle te help groei. Met ander woorde, probeer eers om hulle te verstaan en dan om verstaan te word. Dan sal dít wat jy sê, 'n seën wees vir diegene wat jou hoor. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text 1 Petrus 5:6-7 Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Hoop is 'n goeie ding. Maar vir hoop om effektief te wees, moet jy kan glo dat dit waar sal kán word, ten spyte van die goeie kans dat dit kan misluk. Dink daaroor na. As jy hoop dat iets goeds uit jou probleme sal kom, maar tog nie glo dat iemand of iets jou uit daardie verknorsing kan verlos nie ... dan is angs die enigste ding wat jy gaan voel. En dit is net natuurlik, want wanneer die uitkoms onseker is en wanneer daar iets belangriks op die spel is, gaan die onsekerheid soos 'n kanker aan jou vreet. Petrus skryf aan die vervolgde Christene van die 1ste eeu n.C. aan die mans, vroue en kinders wat in vrees vir hul lewens geleef het: 1 Petrus 5:6-7 Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Verneder jouself onder die magtige hand van God wanneer alles op die spel is; wanneer die uitkoms onseker is. Hoe presies doen jy dit? Die antwoord is: verander jou bekommernisse in aanbidding en God sal jou stryd in seëninge verander. Dit is presies wat God hier deur Petrus vir ons sê: Plaas julle hele lewe in die hand van God, in totale afhanklikheid van Hom. Wanneer die tyd daar is, sal Hy julle ’n ereplek by Hom gee. Neem al die dinge waaroor julle julle bekommer of wat julle omkrap na God toe, want Hy self is die Een wat vir julle sorg. (DB) Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text Psalm 33:16-19 ’n Koning word nie gered deur ’n groot leër nie, ook nie ’n krygsman deur groot krag nie. Dis valse hoop dat ’n oorlogsperd veiligheid verseker, en deur groot krag redding bring. Maar die Here waak oor dié wat Hom dien, oor hulle wat hoop op sy troue liefde om hulle te red van die dood en hulle in hongersnood aan die lewe te hou. (NLV) Het jy al opgelet, dat ten spyte van die feit dat iemand of iets op papier sterk mag lyk, daar altyd iemand of iets is, wat sterker is, iemand of iets wat hulle kan verslaan? By die Slag van Agincourt in 1415 tussen die Engelse en die Franse, was die Engelse leër, onder koning Hendrik die Vyfde, verreweg in die minderheid. Om sake te vererger was hulle verswak en hulle het aan uitputting en siektes gely. Dus moes die Franse leër, wat tussen 20 000 en 30 000 troepe gehad het, Hendrik se 6 000 man - ten minste op papier – lag-lag, oorwin het. Die Engelse minderheid het egter opgeleide manne met langboë gehad. Daarby was hul strategiese gebruik van die terrein en hul gedissiplineerde formasies, een te veel vir die swaar gepantserde Franse ridders. Die Franse kavallerie was vasgevang in die modderige slagveld en het maklike teikens vir Engelse boogskutters geword. Die resultaat was, ten spyte van hul oënskynlike ongunstige omstandighede, 'n beslissende oorwinning vir die Engelse. Psalm 33:16-19 ’n Koning word nie gered deur ’n groot leër nie, ook nie ’n krygsman deur groot krag nie. Dis valse hoop dat ’n oorlogsperd veiligheid verseker, en deur groot krag redding bring. Maar die Here waak oor dié wat Hom dien, oor hulle wat hoop op sy troue liefde om hulle te red van die dood en hulle in hongersnood aan die lewe te hou. (NLV) Die kern van die vers lê daarin dat wanneer ons ons geloof in ons eie krag en vermoëns plaas, dit uiteindelik tevergeefs sal wees, want daar sal altyd iemand of iets wees wat sterker as ons is. Maar die Here waak oor dié wat Hom dien, oor hulle wat hoop op sy troue liefde om hulle te red van die dood en hulle in hongersnood aan die lewe te hou . Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text Hebreërs 6:18-19 Hierdie twee dinge waarborg dat God sy woord sal hou. En so het ons wat onsself aan God toevertrou het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die vooruitsig wat vir ons wink. Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. (NLV) Het jy al ooit gevoel soos 'n klein bootjie wat op 'n woedende see rondgeslinger word? Het jy gevoel dat die storms van die lewe op die punt staan om jou te oorweldig? Weet jy, jy is nie die enigste een wat al so desperaat gevoel het nie. Dis in daardie tye dat jy werklik 'n anker vir jou siel nodig het om jou vas te hou, om jou veilig te hou. In 1789, tydens ‘n seereis op die Engelse skip, die HMS Bounty, is luitenant William Bligh, die kaptein, na ‘n opstand deur ‘n groep van sy bemanningslede oorrompel en vasgebind. Hy is saam met 18 van sy lojale bemanningslede van die skip afgegooi en in 'n klein oop bootjie laat dryf. Hulle het gevaarlike weer en stormagtige see in die gesig gestaar, terwyl hulle meer as 6 500 km na Timor gevaar het. Op 'n stadium het 'n hewige storm gedreig om hul bootjie om te keer. Bligh se blitsvinnige oordeelsvermoë het hulle die see-anker laat uitgooi. Dit het die boot teen die golwe gestabiliseer en verhoed dat hulle vergaan. Die gebruik van die see-anker was van kardinale belang om hulle veilig te hou tydens hul gevaarlike reis, wat uiteindelik tot hul oorlewing en veilige aankoms in Londen gelei het. Ja, ankers het 'n snaakse manier om te keer dat ons omslaan; dat ons in die storms van die lewe vergaan. Hebreërs 6:18-19 Hierdie twee dinge waarborg dat God sy woord sal hou. En so het ons wat onsself aan God toevertrou het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die vooruitsig wat vir ons wink. Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. (NLV) God se Woord is waar. Jesus het gekom om jou te red. Hy het vir jou sondes gesterf sodat jy vergewe kan word. Glo in Hom, en Hy sal jou met sy Heilige Gees vul om jou dwarsdeur jou reis veilig te hou. Jy sal oorleef. Jy sal anderkant aankom. Laat dit 'n anker vir jou siel wees, want … Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text Romeine 8:26-27 Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie. Dié God wat die dieptes van elke hart deurgrond, weet wat die Gees in die oog het – dat Hy in harmonie met God se wil vir die gelowiges intree. (NLV) Ek bid dat jou lewe suksesvol sal wees; dat jou lewenspad sonder te veel struikelblokke sal wees; dat jy vervulling sal ervaar en hoop op die toekoms sal hê. Dis wat ek bid. Maar dit mag dalk nie presies só uitwerk nie. En selfs al is alles vandag wonderlik en moeitevry, kan dit môre 'n ander storie wees... Ja, ek bid gereeld vir almal, wat hierdie daaglikse VARS-boodskappe dwarsdeur die wêreld kyk, luister of lees. Maar laat ek jou vertel, daar was tye in my lewe toe ek so platgeslaan was en op die Knersvlakte gesit het; toe die beproewinge van die lewe my ondergekry het. Dit was tye toe ek nie eers die krag in my gehad het om te bid nie. Ken jy daardie gevoel van totale magteloosheid? En daardie gevoel laat jou so ... onvoldoende en onbekwaam voel. Maar luister hierna: Romeine 8:26-27 Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie. Dié God wat die dieptes van elke hart deurgrond, weet wat die Gees in die oog het – dat Hy in harmonie met God se wil vir die gelowiges intree. (NLV) God weet waardeur jy gaan en wanneer jy te swak is om te bid, sal sy Gees, die Heilige Gees, vir jou intree op maniere wat jy jou eenvoudig nie kan indink nie. Soms kan jy maar net daar in God se Teenwoordigheid sit en weet dat Hy God is. In daardie tye is dit meer as genoeg, want die Heilige Gees sal namens jou, met gevoelens wat nie met woorde gesê kan word nie, by God smeek. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text Romeine 8:24-25 Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding. Hoop’ is nogal 'n vreemde woord. Dis in 'n sekere sin soos 'n tweesnydende swaard. Want hoewel hoop ongetwyfeld 'n goeie ding is, impliseer die feit dat jy hoop op 'n goeie uitkoms en nie seker is van wat gaan gebeur nie. Jy voel bekommerd oor daardie probleem, jy verwag 'n bietjie teëspoed, miskien 'n bietjie lyding wat dalk voorlê ... maar jy ‘hoop’ dit sal nie gebeur nie. Ja, hoop, is inderdaad 'n vreemde woord. John Woolman was 'n lid van die 18de-eeuse Amerikaanse Christelike Protestantse groep, bekend as die Kwakers. Vir meer as dertig jaar het hy wêreldwyd gereis, teen slawerny gepraat en ander aangespoor om die inherente gelykheid van alle mense te erken. Ten spyte van die stadige vordering het hy geduldig, getrou en hoopvol gebly, en geglo dat sy pogings uiteindelik tot 'n maatskaplike verandering sou lei, omdat hy geweet het hy glo in ‘n God wat wonderwerke doen. Woolman het nie die vrugte van sy arbeid gesien nie, maar sy stil, konsekwente voorspraak het gehelp om die grondslag te lê vir die vryheidsbeweging in Amerika. Hy het op God gehoop... Ja, die wêreld is steeds in 'n gemors. Ja, dit lyk asof dit kreun onder die gewig van konflik, oorloë, verdeeldheid en onderdrukking. Maar soos ons gister gesien het ... sal dit alles eendag tot 'n einde kom. En diegene wat hulle geloof in Jesus geplaas het, het 'n seker, ‘n vaste hoop op die heerlikheid wat op hulle wag. Romeine 8:24-25 Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding. Soos Woolman, kan ons nie sien presies hoe die hoop vervul sal word, of wanneer dit sal gebeur nie. Maar soos die apostel Paulus in daardie paar verse sê, is dít die aard van hoop. Wat jy ook al deurmaak, watter stryd, watter teëspoed ook al ... wees geduldig, wag daarvoor. Hoop daarvoor.. Jesus kom. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text Romeine 8:22-23 Ons weet immers dat die ganse skepping nog steeds aan die kreun is soos iemand met geboortepyne. Wat meer is, ons wat die Gees as voorsmaak en waarborg van ons toekomstige heerlikheid ontvang het, kreun ook in ons binneste in ons smagting om van ons verganklike liggame verlos te word. (NLV) Geboorte is ‘n feit van die lewe. 'n Vrou dra 'n ander klein mensie in haar liggaam rond, sy voed hom, sy beskerm en koester hom en wag, wag, wag ... tot ... daardie dag ... En dan geskied die wonder, 'n kindjie word gebore. As jy kyk na wat alles in die wêreld aangaan, is dinge regtig in 'n geweldige gemors, nè? Dink net aan: Die onuitspreeklike lyding van miljoene mense. Die talle oorloë wat vandag woed. Jongmense wat afdwaal en verval in lewens van misdaad en dwelmafhanklikheid; of mense wat so ryk word dat hulle ‘n soort van gevoelloosheid of ongeërgdheid ontwikkel. Ja, my vriend, daar is vandag soveel mense wat hul lewens leef met ‘n oortuiging dat hulle lewe nie die moeite werd is om te leef nie. Ek klink vandag soos 'n regte pessimis, nè? Maar kom ons wees realisties! Almal kan dit sien kom. Almal kan dit voel kom. Wat gaan gebeur? Hoe eindig dit alles? Kyk wat die apostel Paulus tweeduisend jaar gelede geskryf het… Romeine 8:22-23 Ons weet immers dat die ganse skepping nog steeds aan die kreun is soos iemand met geboortepyne. Wat meer is, ons wat die Gees as voorsmaak en waarborg van ons toekomstige heerlikheid ontvang het, kreun ook in ons binneste in ons smagting om van ons verganklike liggame verlos te word. (NLV) Ek dink ons kry almal ‘n gevoel dat dit onvermydelik is dat hierdie hele deurmekaarspul tot 'n einde moet kom. Wag, wag, wag … en dan … in een oomblik! Diegene wat hul geloof in Jesus gestel het, diegene wat sy Gees in hulle het, diegene wat sy kinders is … sal vrygespreek word en die ewigheid saam met die Koning van Konings deel. Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text Romeine 8:18 Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie. (NLV) Die lyding en beproewings van die lewe kan soms net te veel word vir enige normale mens. Miskien is dit net die laaste paar druppels wat die emmer laat oorloop? Ander kere tref iets jou soos 'n tsoenami. Wat jou omstandighede op die oomblik ook al is; dit maak jou kapoet, of hoe? Die bediening van Smith Wigglesworth, die negentiende en twintigste-eeuse evangelis, is gekenmerk deur wonderbaarlike genesings, kragtige prediking en ‘n diep, diep geloof. En tog, het hy ten spyte van sy kragtige prediking en wonderlike genesingsbediening, self aan 'n paar uiters pynlike gesondheidsprobleme gely. Maar hy het ten spyte van sy eie swak gesondheid volhard. Hy het aangehou om te bedien, en aangehou om in goddelike genesing te glo. Sy dapper en rotsvaste geloof in God se krag inspireer tot vandag toe baie mense. So ... wat het hom aan die gang gehou? Hoe het hy dit reggekry om deur sy stryd te kom en ten spyte daarvan te seëvier? Romeine 8:18 Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie. (NLV) Wigglesworth het dit so gestel: God kan 'n persoon so met sy Gees vul, dat hy te midde van duisende probleme kan lag en glo. Kyk, ons kan nie ons stryd ontken nie; ons kan nie voorgee dat dit nie bestaan nie. Maar wanneer ons ons harte oopmaak vir die Heilige Gees; wanneer ons Hom toelaat om vir ons te oortuig van die waarheid van die groot heerlikheid wat vir ewig op ons wag; en wanneer ons Hom toelaat om ons tot oorlopens te vul, dan is vandag se stryd, in die konteks van die ewigheid, so klein en onbenullig dat ons inderdaad te midde daarvan kan lag en glo. Ja, natuurlik voel ons lyding nou vir ons oorweldigend, maar dit is niks in vergelyking met die groot heerlikheid wat vir ons gegee gaan word nie. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text 1 Johannes 1:8-9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. Het jy al ooit ervaar hoe dit voel om 'n diep, donker geheim in jou hart rond te dra – iets wat jy gedoen het, iets wat verskriklik verkeerd was; iets waarvan niemand anders weet nie? Dit versmoor jou, dit verpletter jou. Ek ken daardie gevoel baie goed. Ja, ons weet diep in ons hart dat daardie verpletterende las veroorsaak word deur die feit dat ons weet dat ons dade uiteindelik gevolge het. Ons weet dat dit wat ons verkeerd gedoen het uiteindelik sal uitkom. Ons weet dat ons uiteindelik die prys sal moet betaal. Dis iets waaroor ons die afgelope week nogal baie saam oor gesels het, nè? So kom ons sluit dan met goeie nuus af; nuus, wat daardie bagasie wat jy saamdra, van jou skouers sal lig. 1 Johannes 1:8-9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. Baie mense wil vandag gerieflikheidshalwe glad nie eers dink dat daar iets soos "sonde" bestaan nie. Maar God neem dit so ernstig op dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om aan 'n kruis te sterf om die prys wat ons weet óns sonde verdien, te betaal. En wanneer jy eerlik met God is, wanneer jy jou sondes bely, sal Hy vergewe. Jy kan Hom vertrou om dit te doen, want Hy doen altyd wat Hy sê Hy sal. Hy sal jou reinig van al die verkeerde dinge wat jy gedoen het. My vriend, daardie vergifnis is vandag vir jou beskikbaar. Bely met ‘n opregte hart en met nederigheid én berou al jou sonde voor God; glo dat Jesus vir jou gesterf het en die vrede van God sal jou tot oorlopens vul. Dis goeie nuus. Want dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text 1 Petrus 1:17-19 En onthou dat die Vader tot wie julle bid, niemand voortrek wanneer Hy beoordeel nie. Hy beoordeel elke mens volgens sy dade. Daarom moet julle julle eerbied vir Hom wys met julle leefstyl, al is julle uitlanders. Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van ’n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. (NLV) Vir baie mense is vrees 'n konstante metgesel. Nou dink jy dalk: "Ek is vir niks bang nie." Dit klink baie dapper. Die vraag is, wat lê om die draai? Ons sien vrees, oor die algemeen, as 'n slegte ding ... en dit is dikwels. Maar vandag wil ek graag oor ‘n ‘goeie vrees’ met jou gesels. Ons leer hoe God talle kere vir Israel tydens hul ballingskap uit hul verknorsing gered het. Maar weet jy, dit maak nie saak wat ons vandag mag konfronteer nie, God wil ons ook red. Hy wil ons van daardie slegte vrese vrymaak tot 'n ‘goeie vrees’ of anders gestel, ‘n heilige ontsag vir Hom. 1 Petrus 1:17-19 En onthou dat die Vader tot wie julle bid, niemand voortrek wanneer Hy beoordeel nie. Hy beoordeel elke mens volgens sy dade. Daarom moet julle julle eerbied vir Hom wys met julle leefstyl, al is julle uitlanders. Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van ’n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. (NLV) Die slegte dinge wat ons doen; die verkeerde dinge wat ons doen, is baie dikwels die oorsaak van die knaende vrese wat ons van binne-af opvreet. Kan ek dit openlik en kras stel? Sonde maak die deur vir vrees oop. Maar God het ons daarvan gered deur Jesus te stuur om aan 'n kruis te sterf, sodat ons vergewe kan word. Hy het die losprys betaal, Hy het ons vrygemaak. En nou verwag Hy dat ons Hom sal vrees, Hom sal respekteer, Hom sal eer. Dis 'n goeie vrees, want hierdeur ontdek jy 'n vrede en 'n vreugde wat jy nooit gedink het moontlik is nie. Vandag is die dag om God te vrees. Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text Openbaring 22:12-13 Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. Dade het gevolge. Dis iets wat ons ouers ons probeer leer het toe ons grootgeword het. En hoe gouer ons daardie les geleer het, hoe gouer het die lewe sommer baie beter geword. As ek jou ewe skielik ‘n lekker opstopper gee, sou dit billik wees om te verwag dat ek gestraf behoort te word. En kom ons wees eerlik, jy sou wou hê dat ek moet gestraf moet word, want dit sou die regte ding wees om te doen. Jy het dalk opgemerk, dat ons in die afgelope paar dae op die beginsel dat "dade-gevolge-het" gefokus het. Daar is 'n baie goeie rede daarvoor. Ons ewigheid hang daarvan af. Hier is Jesus se woorde om ons van die erns van die saak bewus te maak: Openbaring 22:12-13 Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. Die lewe raak so besig en ons is so gefokus op alles wat op die oomblik rondom ons aan die gang is, dat ons heeltemal perspektief van die geheelprentjie verloor; die ewige prentjie; óns ewigheid. Maar Jesus is ewig – Hy is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste, die begin en die einde. En Hy kom terug. Wanneer? Binnekort! Wie weet hoe gou? Ons lewens kan vanaand van ons geëis word. Ons tyd hier op aarde kan môre verby wees. Jesus kan volgende Donderdag terugkeer. Daardie ‘binnekort’ kan baie gouer kom as wat ons ooit in ons besigwees gedink het. Kyk, Ek kom gou en bring my loon saam met My, om elkeen te vergeld vir wat hulle gedoen het. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text Openbaring 20:12 Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook 'n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het. Dit is vir my ‘n baie vreemde ding dat die gevaar van straf nie vir baie van die kriminele mense genoeg van ‘n afskrikmiddel is nie. Maar weet jy, die blote gedagte daaraan om voor 'n hof te moet verskyn en skuldig bevind te word aan 'n misdaad, is vir my genoeg van ‘n afskrikmiddel ... ‘n baie goeie afskrikmiddel om my wetsgehoorsaam te hou. Hoe voel jy oor straf as ‘n afskrikmiddel? Ek dink die meeste van ons sal saamstem dat dit 'n goeie ding is om 'n streng en billike regstelsel te hê; een waardeur die beskuldigde skuldig of onskuldig bevind en gestraf kan word. Ja, voorwaar 'n baie goeie ding. Ons weet ook dat selfs die beste regstelsels soms foute maak, maar kan jy jou die anargie voorstel as daar geen regstelsel was nie? En tog, as jy om jou rondkyk, lyk dit of sosiale anargie – mense wat skandelik optree; mense wat mekaar sleg behandel – hoogty vier. Kan ons dan hoop dat God se geregtigheid op 'n stadium sal seëvier? Ja, dit sal beslis! Die apostel Johannes het 'n kykie gekry in die werkinge van die hemel, en dit is wat hy geskryf het: Openbaring 20:12 Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook 'n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het. Die "dooies" waarna hy verwys, is diegene wie se name nie in die Boek van die Lewe gevind sal word nie. Diegene wat nie die geleentheid gebruik het om terwyl hulle op aarde geleef het, terug te keer na God en op Jesus te vertrou nie. Kan ek jou ernstig versoek: Moenie jou lewe verkwis nie. Moenie jou ewigheid verkwis nie. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text Openbaring 2:23b ... die gemeentes sal kennis neem dat dit Ek is wat gedagtes en bedoelings deursoek. Ek sal ook aan julle elkeen gee wat julle volgens julle handel en wandel verdien. (NLV) Die media is deesdae ongenadig teenoor die Christendom. Ek verstaan dit. Voor ek Jesus ontmoet het, het die goedheid van daardie paar Christene wat ek geken het, my gewete aangekla, en, tot my skande moet ek erken, dat dit hulle 'n taamlik nare reaksie op die hals gehaal het. Maar kom ons wees eerlik, die kerk doen steeds verskriklike dinge. Oor die afgelope paar jaar was die Vatikaan betrokke by 'n komplekse finansiële verhoor wat bewerings van verduistering, bedrog en die misbruik van kerkfondse behels het. Daar word beweer dat Vatikaanse amptenare meer as 200 miljoen euro gesteel het; selfs fondse wat vir die armes bedoel was. Indien dit waar is, is dit mos onaanvaarbaar. Nee, ek pik nie net op die Katolieke nie! Ander kerke en denominasies het self maar hul eie geraamtes en geldsakkies in die kas! En tog kan ons heeldag die vinger na ander wys, terwyl ons ons eie mislukkings vermy. Hier is die vraag: hoe sal jy daarvan hou indien die pers jou as 'n skynheilige sou ontmasker, deur alles wat jy in jou lewe verkeerd gedoen het, te publiseer? So, kom laat ons hier 'n bietjie meer produktief wees. Kom ons fokus op my en op jou; op ons gedrag, ons tekortkominge, ons skynheiligheid. Want al ons donker, klein geheimpies wat ons dink vir die wêreld verborge is, lê oop en bloot voor God. Openbaring 2:23b ... die gemeentes sal kennis neem dat dit Ek is wat gedagtes en bedoelings deursoek. Ek sal ook aan julle elkeen gee wat julle volgens julle handel en wandel verdien. (NLV) Luister na my. God het jou ongelooflik lief. Hy het Jesus gestuur om te sterf om vir elkeen van jou sondes te betaal, sodat jy deur jou geloof in Hom volkome vergewe kan wees. Wees verseker, God sien dit alles. Ja, my vriend, ons kan maklik van die skynheiligheid en afskuwelike gedrag van ander mense praat, maar kom ons kyk eers in die spieël, want Hy sal aan elkeen van ons gee wat óns verdien. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
Send us a text 2 Korintiërs11:13-15 Want sulke mense is vals apostels; hulle is bedrieglike werkers wat voorgee dat hulle apostels van Christus is. Geen wonder nie! Satan self gee immers voor dat hy ’n engel van die lig is. Daarom is dit ook niks besonders dat sy diensknegte hulle voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Hulle uiteinde sal wees wat hulle volgens hulle dade verdien. Jy weet wat hulle sê: jy kan al die mense somtyds flous, en party mense die hele tyd, maar jy kan nie almal die hele tyd flous nie. En tog lyk dit asof ons elkeen 'n onbeperkte vermoë het om onsself te flous. Tot op die ouderdom van omtrent veertig was ek heeltemal onbewus daarvan dat ek my lewe net om myself laat draai het – my begeertes, my gevoelens, my reputasie en my sukses. Gevolglik het ek amper die helfte van my volwasse lewe in selfbedrog geleef; ek was oortuig daarvan dat ek 'n goeie mens was. Dis skrikwekkend, maar weet jy, ek is nie die uitsondering op die reël nie. 2 Korintiërs 11:13-15 Want sulke mense is vals apostels; hulle is bedrieglike werkers wat voorgee dat hulle apostels van Christus is. Geen wonder nie! Satan self gee immers voor dat hy ’n engel van die lig is. Daarom is dit ook niks besonders dat sy diensknegte hulle voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Hulle uiteinde sal wees wat hulle volgens hulle dade verdien. Dis Paulus wat hier praat van vals leraars, wat hulself voordoen as opregte leraars om ander te mislei. Maar dit maak nie saak wie ons is nie, daar is altyd daardie versoeking om onsself te mislei. Ja, om diegene rondom ons te probeer mislei; om verkeerde motiewe in ons donker harte te koester, terwyl ons onsself as engele van die lig voordoen. Wel, jy kan jouself dalk vir 'n lang tyd flous, jy kan al die mense somtyds flous, en party mense die hele tyd flous, maar jy kan nooit vir God flous nie, want Hy sien deur alles! Dit is waarom ek jou baie ernstig wil vra dat jy besin oor wat in jou hart aangaan. Moenie jouself mislei nie, want jou einde sal ooreenstem met jou dade. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY…
مرحبًا بك في مشغل أف ام!
يقوم برنامج مشغل أف أم بمسح الويب للحصول على بودكاست عالية الجودة لتستمتع بها الآن. إنه أفضل تطبيق بودكاست ويعمل على أجهزة اندرويد والأيفون والويب. قم بالتسجيل لمزامنة الاشتراكات عبر الأجهزة.