Mia Spies عمومي
[search 0]
أكثر
تنزيل التطبيق!
show episodes
 
Artwork

1
Nuusmakers met Mia Spies

Mia Spies & Volume

Unsubscribe
Unsubscribe
شهريا+
 
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word v ...
  continue reading
 
Loading …
show series
 
Drie afsonderlike urineer-voorvalle by die Universiteit Stellenbosch het die laaste ses maande die nuus gehaal. Al die voorvalle was by manskoshuise en daar was glo baie drank betrokke by elkeen. In die jongste voorval verlede week het ‘n erg besope student in die kamer van medestudente by die Eendrag-koshuis geürineer. Mia Spies vra die senior dir…
  continue reading
 
Teen dié pas gaan die Britse koning Charles III meer eerste ministers as sy ma deurdraf. 15 eerste ministers het onder Koningin Elizabeth II gedien. Koning Charles trek nou al by sy 2de, nadat Liz Truss ná net 45 dae (die kortste termyn in Brittanje se geskiedenis) bedank het. Ná 'n week van hoogdrama is Rishi Sunak, die voormalige minister van fin…
  continue reading
 
Daar was die laaste ruk verskeie voorvalle van kindermoorde in die nuus, maar met ander groot nuus (Zuma se korrupsieverhoor is uitgestel en die Steinhoff-sage) het dit nie die hoofopskrifte gehaal nie. Die grusame moord op Bokgabo Poo (4) van die Gautengse Oos-Rand wat ontvoer, verkrag en vermink is het my opnuut laat besef hoe ernstig die “epidem…
  continue reading
 
Dit was die laaste ruk bloedig warm in groot dele van die land. Ek was vroeër die week in die Laeveld en dit was sonder twyfel die warmste wat ek al ooit in my lewe gekry het. Die kwik het elke dag tot in die veertigs gestyg, en met die land se huidige krag- en waterbeperkings is verligting soos lugverkoeling en ‘n koue stort ook maar beperk. Die u…
  continue reading
 
Die ontvoering van ‘n vrou verlede week in Kaapstad is die jongste van ‘n reeks ontvoerings hier op eie bodem. Die 35-jarige Oekraïense vrou se geel Audi is in Blue Downs tot ‘n stilstand gedwing toe twee karre weerskante van haar stilhou, sy is uit haar voertuig gepluk, twee skote is afgevuur voor haar ontvoerders met haar weggejaag het. Dit alles…
  continue reading
 
‘n Naweekwegbreek saam met haar gesin het tragies geëindig vir Kimon Bisogno (39) van Kaapstad. Sy het Sondagoggend by die Sentraalstrand in Plettenbergbaai geswem, glo net heupdiepte, toe sy deur ‘n haai doodgebyt is. Dit is die tweede noodlottige haai-aanval in drie maande by dié kusdorp. In Junie is die 49-jarige Bruce Wolov deur ‘n grootwithaai…
  continue reading
 
Kragfrustrasies onder Suid-Afrikaners kook oor nadat Eskom dié week Fase-6 beurtkrag ingestel het. Daar was selfs praatjies van fase 8 of hoër. Dis duidelik dat daadwerklike ingryping en dringende oplossings nóú nodig is. President Cyril Ramaphosa het sy oorsese reis kortgeknip om 'n oplossing te probeer kry vir die beurtkrag-krisis. Maar wanneer g…
  continue reading
 
Koningin Elizabeth II (96) was tot haar dood verlede week meer as sewe dekades die koningin van die Verenigde Koninkryk, en vir bykans een dekade van haar heerskappy was Suid-Afrikaners self ook onderdane van haar. Dít is een van die groot redes vir die gemengde gevoelens hier op eie bodem teenoor die koninklikes. Hermann Pretorius van die Instituu…
  continue reading
 
Die nuutverkose Britse premier Liz Truss moet leiding neem te midde van ‘n sukkelende ekonomie, energiekrisis en stygende lewenskoste. Truss het in haar eerste toespraak as premier onderneem om dadelik in te spring en die groot uitdagings wat Brittanje in die gesig staar aan te spreek. Die vraag is, hoe? En hoe raak dit my hier aan die suidpunt van…
  continue reading
 
Wetstoepassingsagentskappe het hierdie week groot visse inkatrol in verband met staatskaping. Transnet se voormalige hoof Brian Molefe, en voormalige finansiële hoof Anoj Singh is saam met twee ander in hegtenis geneem vir korrupsie en bedrog van meer as R93 miljoen. Die nasionale vervolgingsgesag sê nog arrestasies kom. Mia Spies vra die politieke…
  continue reading
 
Ashley Oosthuizen (23) oorspronklik van George, sit al van Oktober 2020 in 'n tronk in Thailand nadat sy geteken het vir 'n pakkie wat dwelms bevat het. Sy is skuldig bevind op aanklag van internasionale dwelmhandel en lewenslange tronkstraf opgelê. Na 'n appèlverhoor verlede week is haar vonnis tot 33 jaar verkort. Daar is nou 'n maand tyd om teen…
  continue reading
 
Oudpres.Jacob Zuma is verlede jaar tronk toe gestuur vir 15 maande vir minagting van die hof, maar net 2 maande later is hy op mediese parool vrygelaat. Landsburgers was stomgeslaan. Die hooggeregshof het beslis sy vrylating was ‘onregmatig, onwettig en irrasioneel’. Daardie hofbeslissing is hierdie week deur Zuma se regspan in die appèlhof betwis.…
  continue reading
 
Die konflik in Oekraïne woed al langer as 5 maande, en daar is geen teken dat Rusland binnekort 'n einde aan die oorlog gaan maak nie. Hier op Nuusmakers gesels ons gereeld met Michele Potgieter, ‘n Suid-Afrikaner wat in Oekraïne woon. Sy het onlangs vir die eerste keer in maande dié land verlaat. Michele vertel vir Mia Spies en Kyran Blaauw oor ha…
  continue reading
 
‘n Massaverkragting aan Gauteng se Wes-Rand het die land geskok. Agt vroue is verlede week verkrag en beroof terwyl hulle besig was om ‘n musiekvideo op te neem by die mynhope in Krugerdorp. Meer as 80 onwettige myners is in hegtenis geneem ná die voorval. 'n Kriminoloog aan die Universiteit van Pretoria prof. Christiaan Bezuidenhout praat met Mia …
  continue reading
 
Beurtkrag is al 15 jaar lank deel van Suid-Afrikaners se lewens, maar dit lyk of daar uiteindelik lig aan die einde van die tonnel is. President Cyril Ramaphosa het Maandag ‘n omvattende plan aangekondig om die kragkrisis aan te spreek. Kan ons maar versigtig optimisties wees? En hoe lank gaan dit Eskom vat om die ligte aan te hou? Mia Spies vra di…
  continue reading
 
Vanaf hierdie week het KykNET kykers ‘n splinternuwe verskeidenheid nuusprogram, ‘Wie’s Nuus?’ wat Donderdagaande om 21:00 op DStv kanaal 144 uitsaai. Dié 26 episode program word aangebied deur die bekende en bekroonde joernalis, media entrepreneur en 2021 Kokertoekenningwenner. Mia nooi weekliks Netwerk24 joernaliste en ander kenner na haar sitkam…
  continue reading
 
Polisieminister Bheki Cele loop deur nadat hy vroeër die week sy humeur verloor het en geskreeu het op Ian Cameron van die drukgroep Action Society. ‘n Video van die onderonsie tydens ‘n gemeenskapsvergadering in Gugulethu in Kaapstad word wyd gedeel. Ian praat met Mia Spies oor sy konfrontasie met Cele wat die omstrede minister weer in die soeklig…
  continue reading
 
Fase 6-beurtkrag het hierdie week vir die eerste keer sedert 2019 getref, en die risiko van Fase 8 dreig. Dit is volgens Eskom weens werkers se onwettige staking oor loonverhogings. Terwyl die onderhandelinge oor die jongste arbeidsgeskil voortduur is Suid-Afrikaners letterlik en figuurlik in die donker. Die energiekommentator Chris Yelland praat m…
  continue reading
 
Junie was beslis nie president Cyril Ramaphosa se beste maand op kantoor nie. Dit het begin toe die oud-spioenbaas Arthur Fraser strafregtelike klagte teen hom aanhangig gemaak oor die sogenaamde ‘Farmgate’; en boonop bevat die finale staatskapingverslag ook nie baie goeie nuus vir hom nie. Hermann Pretorius, die voorsitter van die Freedom Advocacy…
  continue reading
 
Elke maand vandat die oorlog in Oekraïne uitgebreek het, gesels Mia Spies met Michele Potgieter, ‘n Suid-Afrikaner in Oekraïne oor die situasie daar. Toe ons die eerste keer gesels het, die dag wat Rusland Oekraïne ingeval het, was die situasie nog redelik kalm in haar tuisdorp Reni in die Odessa streek. Nou, bykans vier maande later, is dit nie me…
  continue reading
 
Die week het met goeie nuus vir Suid-Afrika begin toe die sogenaamde baasbreine van staatskaping uiteindelik in hegtenis geneem is. Die omstrede Gupta-broers Atul en Rajesh is Maandagaand in Dubai gearresteer, maande nadat interpol 'n rooi kennisgewing daarvoor uitgereik het. Prof. Dirk Kotzé, politieke ontleder van Unisa, praat met Mia Spies oor w…
  continue reading
 
Universiteit Stellenbosch het die laaste ruk opslae gemaak ná ‘n reeks opspraakwekkende én ontstellende voorvalle. Daar was wydverspreide woede toe ‘n wit student verlede maand op ‘n swart student se lessenaar urineer het. In dieselfde week is nóg ‘n beweerde rassistiese voorval én ‘n beweerde verkragting óók by die instelling aangemeld. Prof. Hest…
  continue reading
 
Ná nog ‘n week van voortslepende kragonderbrekings is die meeste van ons gefrustreerd en moedeloos. Dit voel of beurtkrag erger as ooit is, die huidige situasie ís volgens Eskom se bestuur “een van die laagtepunte”. Maar dinge kán erger raak as daar nie daadwerklik opgetree word, en Eskom “so spoedig moontlik addisionele kapasiteit” bykry nie. Maar…
  continue reading
 
Daar is 'n skerp styging in die getal Covid-19-gevalle. Beteken dit dat die nasionale vyfde vlaag van die pandemie hier is? En wat kan ons van dié virusgolf verwag? Dan is daar ook kommer oor ‘n ánder virus, ‘n vreemde soort hepatitis onder jong kinders. Wat weet ons daarvan? Dr. Jantjie Taljaard, hoof van infeksiesiektes van die Tygerberg-hospitaa…
  continue reading
 
Die oorlog in Oekraïne woed al 11 weke lank, duisende mense is dood en miljoene mense het nou reeds uit die land gevlug. Daar is steeds geen aanduiding dat Rusland 'n einde aan die oorlog wil maak nie. Mia Spies gesels gereeld met Michele Potgieter, ‘n Suid-Afrikaner wat in Oekraïne woon, oor die situasie dáár. Sy woon in die hawestad Reni in die s…
  continue reading
 
Die dodelike vloede in KwaZulu-Natal verlede maand het ‘n spoor van verwoesting agtergelaat en word as een van die ergste natuurrampe in Suid-Afrika se geskiedenis beskou. Terwyl inwoners nog die stukke van hulle lewens optel, maak kenners sin van die wetenskap daaragter. Prof. Francois Engelbrecht, ‘n wêreldkenner op die gebied van klimaatsverande…
  continue reading
 
Dit is ses weke sedert Rusland Oekraïne ingeval het. Sedertdien is duisende mense dood en miljoene ontwortel. Volgens die jongste syfers het meer as 4 miljoen mense al uit die oorloggeteisterde land gevlug. ‘n Suid-Afrikaner wat al 26 jaar lank in Oekraïne woon Michele Potgieter is nié een van hulle nie. Sy het besluit om te bly en te help. Michele…
  continue reading
 
Weens die pandemie was kunstefeeste die laaste twee jaar óf afgestel óf aanlyn geskuif, maar vanjaar is feeste terug in lewende lywe. Eerste aan die beurt is die Klein Karoo Nasionale Kunstefees wat dié week op Oudtshoorn plaasvind. Dié sogenaamde grootvoëlparadys pronk behoorlik met sowat 20 000 feesgangers wat tans die 26ste KKNK bywoon. Mia Spie…
  continue reading
 
Vroeër die maand is duisende passasiers van Kulula en British Airways gestrand gelaat toe Comair se bedryfslisensie deur die Burgerlugvaartowerheid opgeskort is, ná ‘n reeks veiligheidsverwante voorvalle. Die opskorting is na vyf dae opgehef, maar kort daarna was Comair weer in die soeklig toe ‘n British Airways vliegtuig se landingstoerusting prob…
  continue reading
 
Rusland se aggressie teenoor Oekraïne word wêreldwyd veroordeel, selfs deur Switserland, ‘n land wat histories neutraal is. Die Suid-Afrikaanse regering word egter van draadsittery beskuldig deur nie kant in die konflik te kies nie. Prof. Abel Esterhuyse, voorsitter van die Universiteit Stellenbosch se departement strategiese studies in die fakulte…
  continue reading
 
Suid-Afrika het verlede jaar die eerste keer kennis geneem van die bruin hings met die unieke naam, Kommetdieding, toe hy eerste oor die wenstreep in die Durban July-perdewedren gestorm het. Daarna het nog seges gevolg, wat sy eienaar Ashwin Reynolds ‘n oorwinning ‘vir die mense’ noem. G’n wonder Kommetdieding, staan plaaslik bekend as 'die mense s…
  continue reading
 
Die Russiese inval in Oekraïne verlede week oorheers steeds wêreldwyd die hoofopskrifte. Hoe dan anders? Dit is die grootste aanval van een land op ‘n ander in Europa sedert die Tweede Wêreldoorlog. Maar baie mense weet steeds nie régtig waaroor dit gaan nie. Wat soek Rusland in Oekraïne? Wanneer het die konflik begin? Is dit oorlog? En hoe eindig …
  continue reading
 
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én inte…
  continue reading
 
Dis volgende week twee jaar sedert die eerste geval van Covid-19 in Suid-Afrika aangemeld is, en verlede week was dit een jaar gelede wat die eerste Suid-Afrikaner teen Covid-19 ingeënt is. Beteken dit die ergste is agter ons? Is 2022 die jaar wat Covid endemies word? Wat as daar ‘n gevaarlike nuwe variant kop uitsteek? En hoe lyk ‘n post-pandemies…
  continue reading
 
Dit voel deesdae of al hoe meer mense koers kies landuit, en die wat nie emigreer nie semigreer Wes-Kaap toe. Die vraag is: Is die Kaap se gras groener? Wat is die stand van infrastruktuur in die provinsie? Is daar genoeg werksgeleenthede? En watter groot planne voer provinsiale owerhede in die mou? Daar is baie vrae, ek het by die persoon aan stuu…
  continue reading
 
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én inte…
  continue reading
 
Zondo-verslag wys Transnet was 'episentrum' van staatskaping; Onderhoude vir nuwe hoofregter die week gehou; Magashule loop nóg 'n bloutjie by die hof; ‘n Donker naweek lê voor nadat Eskom beurtkrag implementeer; Vlak 1-maatreëls verslap; Dlamini-Zuma sê wanneer ramptoestand opgehef word; Masjien wat lisensiekaarte vervaardig werk weer; SA se 1ste …
  continue reading
 
Onderwysdepartement bevestig bevelsraad bekyk regulasies vir skole; Twee maande sonder beurtkrag, maar risiko steeds daar, waarsku Eskom; Parlement én Openbare Beskermer gaan uitgelekte klankopname van pres. Cyril Ramaphosa ondersoek, Polisie loods ondersoek na geskorste W-Kaap LUR Albert Fritz; Rentekoers weer verhoog; Vroue kan nou tot 55 mev. SA…
  continue reading
 
Die 2021-matriekklas behaal slaagsyfer van 76,4%; Matriekuitslae nou op mediaplatforms beskikbaar…ná hofuitspraak; Skole in die kusprovinsies heropen maar volg steeds roterende rooster; Feestyd-padsterftes styg met 14%; Oorstromings tot nasionale ramp verklaar; Vermeende parlement-brandstiger verlaat Valkenberg; Sisulu sê nie jammer oor omstrede me…
  continue reading
 
Hof verklaar Aarto-strafpuntstelsel vir motoriste ongrondwetlik; Skole in binnelandse provinsies heropen, maar honderde leerlinge nog nie geplaas nie; 2021-Matriekuitslae oor ‘n week bekend, maar nie in die media nie; Vermeende parlement-brandstigter gestuur vir psigiatriese waarneming; Zondo kap Sisulu oor haar meningstuk wat ‘regters en die grond…
  continue reading
 
Nuwe Covid-gevalle styg skerp; Ramptoestand verleng tot 15 Januarie; Versterkingsdosis van Pfizer-entstof goedgekeur vir SA; Kinders bo 12 mag opvolgdosis kry; Wetsontwerp misluk om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak; Vervolgingsgesag sê daar is g’n krisis by die NVG nie; Staatskapingsverslag 1 Januarie op president se lessenaar; Ou…
  continue reading
 
SA beweeg in 4de vlaag van infeksies ná skerp styging in nuwe gevalle; President Cyril Ramaphosa kap lande wat grense vir SA sluit; Vroeë aanduidings wys dat inenting doeltreffend teen Omicron-variant is; Matrieks se Ballito en Plett samekomste afgestel; Werkloosheid styg in 3de kwartaal tot nuwe rekord; Fort Hare-regstudent se moordenaar sit 25 ja…
  continue reading
 
In ‘n neutedop: Nuwe variant van koronavirus, bekend as B.1.1.529, in SA, Botswana en Hong Kong waargeneem; Suider-Afrika terug op Brittanje se reisrooilys; Kabinet waarsku oor kinderontvoerings; DA burgemeesters verkies in drie Gautengse metro's; President sê ANC-regering sal koalisieregerings steun; Planne om Eskom op te deel vorder; Polisie gere…
  continue reading
 
Beurtkrag is die week ingestel weens enorme druk op die kragnetwerk; Repokoers styg die eerste keer in 3 jaar; Kortlys vir die amp van hoofregter bekend gemaak; Kaapstad se jongste burgemeester nóg ingesweer; Tiener van Driehoek-brugramp ontvang nasionale orde; Afriforum sal hof toe om aandklokreël te eindig; Medelye stroom in vir oudbok Jannie du …
  continue reading
 
Oudpresident FW de Klerk vra om verskoning vir apartheid in video-boodskap kort voor sy dood; Minister van Finansies, Enoch Godongwana lewer sy eerste mediumtermyn-begrotingsraamwerk; Eskom skaal beurtkrag af ná ‘n donker week; Moti-broers wat in Polokwane ontvoer is gevind; ‘nDerde van volwasse Suid-Afrikaners ten volle teen Covid-19 ingeënt; Leeu…
  continue reading
 
Uitslag van plaaslike verkiesings verklaar, nou moet partye bedmaats kies; Magashule-saak uitgestel tot Februarie; Na skerp styging is brandstof duurste óóit; Kaal vrou skop bohaai op in Kaapse bank; SA het laagste positiewe Covid-persentasiekoers sedert pandemie begin, WGO bekommerd oor Covid-syfers in Europa; Vermiste 4-jarige in Australië gevind…
  continue reading
 
Ministers gyselaar gehou deur oudstryders; Zuma vaar uit teen howe tydens sy biddag in KZN; Chaos breek in Gqeberha uit ná ongeluk; Wes-Kaap owerhede pak Cele oor polisiehulpbronne; LUR van Mpumalanga in hegtenis vir dubbele moord; Beurtkrag kan weer op kort kennisgewing geïmplementeer word, waarsku Eskom; Numsa-staking gaan voort; Verpligte inenti…
  continue reading
 
Eskom hou land in duister die naweek; Brittanje verwyder uiteindelik SA van rooilys vir toeriste; Kortlys bekend vir SA se nuwe hoofregter; Nasionale polisiehoof se skorsing dreig, DA verwyder omstrede plakkate in KZN; Inentings vir kinders in SA word bespreek; WGO beveel Malaria-entstof vir kinders aan; Ma wat glo dogtertjies in NZ vermoor se verh…
  continue reading
 
Suid-Afrika is uiteindelik terug op vlak 1 van die staat van inperking; Inentingspaspoorte op pad; Politieke partye maak groot beloftes voor die plaaslike regeringsverkiesing; Verdoemende bevindings in verslag oor Digital Vibes-tenderskandaal; Staatskapingskommissie kry weer uitstel; Bendegeweld eis 4-jarige in Kaap; Klimaataktivis kap wêreldleiers…
  continue reading
 
Noudat die registrasieproses afgehandel is, gaan politieke partye hard vry na stemme voor die plaaslike regeringsverkiesing; Johannesburg se nuutverkose burgemeester verongeluk; Kaapse onderwyser by skool doodgeskiet; Nagwaak vir vermoorde SA sussies in Nieu-Seeland gehou; Zuma oorweeg strafregtelike klag teen staatsaanklaer in korrupsieverhoor; Af…
  continue reading
 
Loading …

دليل مرجعي سريع